TOP SPOTS. Damian da Silva, DSA owner and tournament director, is pictured with division winners. PHOTO: CONTRIBUTED
TOP SPOTS. Damian da Silva, DSA owner and tournament director, is pictured with division winners. PHOTO: CONTRIBUTED

Kyle Johnson stel baanrekord by Henties op

Gholf
Mariud Ngula
Die Namibië Junior Gholfstigting het Saterdag en Sondag sy Junior Ope by die Hentiesbaai-gholfklub gehou. Twintig junior spelers het deelgeneem, met Kyle Johnson van Walvisbaai wat die algehele titel ingepalm het.

Damian da Silva, eienaar van Damian Sports Academy (DSA) en toernooidirekteur, sê: “Spelers in die A- en B-afdelings het 54 putjies gespeel, terwyl die C- en D-afdelings se kompetisie oor 36 putjies was. Spelers sonder ’n voorgee het net nege verkorte putjies gespeel.”

Die kampioen Kyle Johnson het Saterdag in sy tweede ronde ’n uitmuntende nuwe baanrekord van 62 houe gespeel en dié telling Sondag in sy derde ronde herhaal.

JP Johnson het ’n algehele beste netto telling van 218 houe opgestel.

Connor Gibson van DSA wen die A-afdeling bruto met 230 houe, Rudi Auseb wen die B-afdeling bruto met 248 houe, Justine Naobeb wen die B-afdeling netto met 242 houe.

Ander kategoriewenners: C-afdeling beste bruto, Francois le Roux (176 houe), C-afdeling beste netto, Weitz van Niekerk (DSA, 180 houe), D-afdeling: Emilio Maboh (51 punte), Ethan Johnson (45).

Die toernooipryse is deur Switch Energy Drinks geborg, met DSA wat pette geborg het.

VORENTOE

Da Silva sê DSA sal junior ontwikkeling by Hentiesbaai aan die gang sit, maar sal finansiële bystand nodig hê.

“Ons sal meer blootstelling in junior gholf waardeer op die gebiede van ontwikkeling, afrigting, toernooie vir die juniors en meer borgskappe,” het Da Silva gesê. Belangstellendes kan hom by 081 792 1059 kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!