Van links is Steven Marnevick en Jodine van Zyl (2022 Tara-kampioene) saam met Dirk Redman en Flippie Liebenberg (2022 Tara-uitdaagkampioene). Foto Tielman van Lill
Van links is Steven Marnevick en Jodine van Zyl (2022 Tara-kampioene) saam met Dirk Redman en Flippie Liebenberg (2022 Tara-uitdaagkampioene). Foto Tielman van Lill

Laaste kans vir kampioenskappunte

Tydrenne
Tielman Van Lill
Die Walvisbaai-motorklub bied vandag en môre sy Namcor Swakopmund-tydren by laasgenoemde kusdorp aan waar jaers en navigators vir oulaas nasionale kampioenskappunte in die onderskeie klasse by die laaste byeenkoms vir 2022 kan opraap.

Besoekers aan die kus en plaaslike tydrenentoesiaste kan intussen hul tande slyp vir die immer gewilde en opwindende nagsneldeel wat vanaand vanaf 20:00 in die nywerheidsgebied gejaag word.

Sestien inskrywings is tot dusver vir die tydrenklas (sedanmotors) en uitdaagklas (bakkies) ontvang.

Die 2022 Tara-kampioen, Steven Marnevick, en sy navigator Jodine van Zyl, sal opnuut met sy 1.6 Liter Mitsubishi Lancer in die S1-klas hul merk maak.

Die Marnevick-Van Zyl-kombinasie kan sterk teenstand van Pieter Greeff/JP Robinson (Team Mohatu, 2x4 Toyota Corolla 1.6 L) en Etienne van den Heever/Willy van Wyk (2x4 VW Polo 1.6 L) in die S1-klas verwag.

In die S2-klas gaan ’n hele kaboel Vollas mekaar nukkerig by die wegspring aangluur met een Golf en vier Polo’s wat gaan skouers skuur.

Zachary Martin en Melvin Gous sal hul aanspraak op die podium in Martin se 2x4 VW Polo 2 L maak. Wido Bartsch/Raymond Fourie (2x4 VW Polo 2 L), Jannie Coetzee/George Coetzee (2x4 VP Polo 2 L A7), Gert Coetzee/Dalton Bezuidenhout (2x4 VW Golf 2 L A7), Kai Pretorius/Katja Pretorius (2x4 VW Polo 2 L) is ewe goed gerat om mekaar die stryd aan te sê.

Michael Kotze/Wayne Rust (2x4 BMW M3) kan ietwat eensaam in die S3-klas voel. Maar om Allan Martin/Elaine Fokkens (4x4-Skoda Fabia R5), Oswaldo Mendes/Cecil Koorts (4x4 Mitsubishi Lancer) en Wilro Dippenaar/Carolyn Swan (4x4 Ford Fiesta S2000) in die S4-klas te jaag, kan net lekkerrrr wees.

In die Uitdaag-afdeling (CR1/CR2) vir veldvoertuie, is vier inskrywings bevestig. Jandré Dippenaar/Gielie Visser (4x4 Ford Ranger V8) is in ’n klas van hul eie (CR2) wat brute krag, vastrapvermoë en vernuf betref.

In die CR1-klas sal Willie Schoeman/SJ Schoeman (2x4 Toyota Hilux 2.8 L), Wener Bartsh/Christel Fourie (2x4 Ford Courier 3 L) asook Ewald Bisschoff/Hein Bisschoff (2x4 Nissan V8) mekaar die stryd oor twaalf spesiale sneldele (SS’e) en net meer as 100 kilometer aansê.

Die nimlike Island Boys (2022 Tara-uitdaagkampioene), Dirk Redman en navigator Flippie Liebenberg, se teenwoordigheid sal in die uitdaagklas gemis word.

Die program

Die tydren spring vandag om 18:10 vir die eerste sneldeel (SS1) by die Namcor-diensstasie weg. SS2: Daggabos 18:21. SS3: Soutpanne 18:34. SS4: Industrial 20:00.

SATERDAG: SS5: Daggabos 11:11. SS6: Soutpanne 11:24. SS7: MX-baan 12:27. SS8: Pipeline 12:42. SS9: Namcor 12:59. SS10: Railway 14:20. SS11: Special 14:45. SS12: Go Kart-baan 15:00.

Die tydren word ook deur Compass Aluminium & Glass Walvis Bay, Hardap Freight Services, J&P Hydraulics CC, Malan’s Meat Products, Safewear Namibia, Sealconsultingengineers, Sky-Way Fuels asook West Coast Aluminium & Glass ondersteun.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!