Laat verandering aan o.20-rugbykapteinskap
Rugby
In waarskynlik die mees ontydige positiewe Covid-19-uitslag vir enige Namibiese sportfiguur sedert die fietsryer Dan Craven op die vooraand van die 2021 Olimpiese Spele, het dié lot die ongelukkige Rowan Jansen getref.
Die kort geboude flank van FNB Western Suburbs moes vervang word as die aangewese kaptein van die Namibiese o.20-span wat môre (Saterdag 08:00 Namibiese tyd, 09:00 in Kenia) in sy openingswedstryd van Rugby Afrika se o.20 Barthesbeker-toernooi in Nairobi teen die Ivoorkus uitdraf.
Op grond van die positiwe uitslag moes die spanbestuur Dinsdagaand hierdie verandering aanbring – net ure voordat die Namibiërs die volgende middag uit Windhoek vertrek het.
In Jansen se plek is Oela Blaauw, skrumskakel en onderkaptein, as die nuwe toerleier op die veld aangewys.
Afrigter Chrysander Botha het die keuse uitgeoefen om as plaasvervanger ’n ekstra veelsydige agterspeler saam te neem en so het Jonathan Hanekom die 25ste lid van die spelersgroep op die vliegtuig geword.
Namibië se beginspan teen die Ivoorkus is ook vroeër vandag soos volg aangekondig.
15 Geraldo BEUKES 1,8 m / 77 kg / FNB Western Suburbs
14 Quirione MAJIEDT 1,75 m / 75 kg / Windhoek Hoërskool
13 Patrick KARSTEN 1,86 m / 87 kg / FNB Wanderers
12 Niel HOLTZHAUSEN 1,78 m / 78 kg / FNB Grootfontein
11 Owen HAWANGA 1,75 m / 83 kg / Windhoek Gimnasium
10 Adriaan (Maans) STEENKAMP 1,85 m / 83 kg / Rugby Travel Academy (Pretoria)
9 Oela BLAAUW (kaptein) 1,74 m / 79 kg / Trustco United
8 Riaan GROVÉ 1,93 m / 105 kg / Rugby Travel Academy (Pretoria)
7 Alexander JANSEN 1,88 m / 93 kg / FNB Kudus
6 Ray-Eez FERIS 1,78 m / 88 kg / FNB Rehoboth
5 Gregory NAMASEB 1,83 m / 86 kg / FNB Kudus
4 Conwill DRAGHOENDER 1,8 m / 92 kg / FNB Rehoboth
3 Filippus Iyambo TSHUUYA 1,6 m / 92 kg / FNB Wanderers
2 Friedrich GROBBELAAR 1,78 m / 94 kg / FNB Grootfontein
1 Jano OTTO 1,88 m / 110 kg / Trustco United
RESERWES:
16 Franko PEARSON 1,8 m / 94 kg / Windhoek Hoërskool
17 Bernd BEDDIES 1,86 m / 115 kg / FNB Grootfontein
18 Feliciano Lucky MAUHA 1,73 m / 121 kg / Moria Privaatskool (Outjo)
19 Henri ROSSOUW 1,8 m / 89 kg / Sparta-klub (Walvisbaai)
20 Darren BEUKES 1,8 m / 84 kg / FNB Kudus
21 Brian BAYER 1,61 m / 62 kg / Bloemfontein Rugby Academy
22 Raschano VAN ROOI 1,8 m / 83 kg / FNB Unam
23 Janes VAN ZYL 1,83 m / 76 kg / FNB Grootfontein
• Saterdag 9 April (wedstryddag 1) se program is soos volg (afskoptye in Namibiese tyd):
08:00, Namibië o.20 v Ivoorkus o.20
10:30, Tunisië o.20 v Zimbabwe o.20
13:00, Madagaskar o.20 v Zambië o.20
15:30, Kenia o.20 v Uganda o.20
• Twee Namibiese skeidregters tree ook in die toernooi van agt spanne op, naamlik Zaid Isaacs en Nicardo Pienaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie