Laerskole raak in finale slaags
Skolerugby
Die Laerskool Pionierspark en Windhoek Gimnasium het hulle reeds die afgelope jare as die toonaangewende figure in die land se laerskoolrugby gevestig en komende Saterdag se eindstryde beloof opnuut ’n aanskoulike tweestryd.
Eindstryde in vier ouderdomsgroepe word by die WHS FNB Vegkopstadion beslis, met die o.13 Superliga-finaal wat as die hoogtepunt bestem is.
Pionierspark se o.13’s beleef ’n onoorwonne seisoen sover en het reeds die wentrofeë in die Gravity Cup-reeks (2021-2022) asook die Pupkewitz Indongo Super Saturdays ingepalm.
In beide hierdie eindstryde moes hulle by Windhoek Gimnasium verby kom. Die spanne se Superliga-groepwedstryd was ook by Parkies se veld, waar die oranje-en-groenes hard vir ’n oorwinning moes werk nqadat hulle rustyd agter was.
Danksy hul topposisie het Parkies in die uitklopfase die teoretiese “makliker” roete na die eindstryd gehad – met oorwinnings in die kwarteind teen Primêre Skool Keetmanshoop (op Mariental) en die wegholtelling van 61-5 in die semifinaal teen Okahandja die afgelope naweek.
Hierteenoor het Gimmies se o.13’s ’n taaier kwarteindstryd teen Walvisbaai Privaatskool deurgehaak (22-19), voor hulle vir Edugate met 12-5 uitgeskakel het om die finaal te haal.
Parkies o.13 – afgerig deur Justin Nel, Gert de Waal en Zaynor Platt – het in Augustus ’n borgskap van kortbroeke, speel- en oefentruie van die Rhodes Foods-groep ontvang. Te danke aan Pionierspark Total is die spelertjies ook met rugsakke uitgerus.
Komende Saterdag se program by Vegkop-stadion:
O.11-eindstryd, Whk Gimnasium v Parkies, 08:00
O.12-eindstryd: Whk Gimnasium v Parkies, 09:00
O.13 Reserweliga-eindstryd, Suiderhof v Pro-Ed Academy, 10:00
O.13 Superliga-eindstryd, Whk Gimnasium v Parkies, 11:00

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie