Lahja haal finaal, Ananias en Kinda uitgeskakel
Atletiek
Lahja Ishitile en haar gidshardlooper, Sem Shimanda, het Namibië se eerste medalje by die 2023 Paralimpiese Atletiekwêreldkampioenskap in Parys, Frankryk verower met ’n silwer in die T11-klas 400 meter.
Sy het Maandagaand in die Charlety-stadion opnuut haar Afrika-rekord vir ’n tweede keer van 58.44 sekondes tot 58.38 in die semifinaal verbeter.
Gisteraand ná druktyd het Ishitile saam met Thalita Simplicio van Brasilië (semifinaal 56.78), Angie Pabon van Colombië (58.60) en Ionis Salcedo van Colombië (59.78) in die wegspringblokke vir die finaal gesak.
Vir die derde keer in drie dae het die Namibiër boonop gisteraand die kontinentale rekord verbeter – tot 57.18 sekondes.
UITGESKAKEL
Die veteraan Ananias Shikongo met sy gidshardloper, Even Tjiuiju, het gisteroggend met 52.02 sekondes derde in sy T11-klas 400 meter-semifinaal geëindig.
Shikongo het wel sy tyd (52.82) wat hy in die uitdunne behaal het geklop.
Chris Kinda en Riwaldo Goagoseb, sy gids, het kort daarna in 52.33 vierde in sy T11-klas 400-semifinaal geëindig. Kinda het klaarblyklik ’n swakker wegspring gehad, maar kon steeds sy tyd van 52.44 verbeter wat hy in die uitdunne aangeteken het.
Kinda en Shikongo kon egter nie vir die finaal kwalifiseer nie.
Kinda se volgende item is die T11-100 meter.
Net Timothee Adolfe (51.27) en Gauthier Makunda van Frankryk (51.33), Gerard Descarrega van Spanje (50.97) asook Gomes de Souza van Brasilië (51.19) sal in die 400-finaal kragte meet.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie