Lampard gepos as Everton se afrigter
Sokker
Frank Lampard het Maandagaand die trekpas as afrigter van die Engelse Premierliga-span Everton gekry.
Dié klub het relegasie verlede seisoen net-net vrygespring en bevind hom dié seisoen, ná 20 wedstryde, in die voorlaaste plek op die puntelys met slegs 15 ligapunte.
Southampton, wat aan die voetenent van die punteleer lê, het ook 15 punte, maar sy doeleverskil is swakker as Everton s’n.
Die drie spanne onderaan die puntelys aan die einde van die seisoen word outomaties gerelegeer.
Lampard se laaste stryd aan die stuur van die Toffees was Saterdag, toe hulle met 0-2 teen West Ham United verloor het.
“Frank en sy afrigtingspan se toewyding en harde werk by die klub was onberispelik, maar onlangse uitslae en die span se huidige posisie op die puntelys het ons genoop om hierdie moeilike besluit te neem,” het die klub in ’n verklaring gesê.
Die Merseyside-span kon onder die afrigting van die voormalige Engelse ster nie die mas opkom nie en sy laaste Premierliga-oorwinning was in Oktober teen Crystal Palace.
Die 44-jarige Lampard is in Januarie 2022 aangestel nadat hy Chelsea van 2019 tot 2021 en Derby County van 2018 tot 2019 afgerig het.
Lampard is in Januarie 2021 afgedank deur Chelsea, die klub vir wie hy as speler groot hoogtes bereik het en steeds die rekord vir die meeste doele hou.
Lampard het Rafa Benítez destyds as Everton-afrigter vervang, maar kon nie dié klub sy gloriedae laat herleef nie.
’n Gelykopuitslag teen Manchester City op Oujaarsaand het Everton-ondersteuners ’n sprankie hoop gegee dat hulle sake kon omkeer, maar drie agtereenvolgende liga-nederlae het Lampard se lot verseël.
Everton se volgende ligawedstryd is op 4 Februarie teen die voorloper op die puntelys, Arsenal. Die Toffees sal deur Paul Tait en Leighton Baines afgerig word tot tyd en wyl ’n nuwe hoofafrigter aangestel word.
• Everton is in sy 136-jarige bestaan nog net twee keer uit die topliga gerelegeer. Die laaste keer wat dit gebeur het, was in die 1950-’51-seisoen.
– Reuters; Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie