Lamprecht takel rekordboek by langbadgala
Swem
Die vierde Bank Windhoek-langbadgala vir die 2022-2023-seisoen is laas naweek by die Olympia-swembad in Windhoek aangebied.
Swakopmund en Oranjemund se klubs het gelyktydig hul langbadgalas in hul onderskeie dorpe aangebied. Swemmers het aan meer as 41 items deelgeneem.
Die swemmers het ’n puik standaard gehandhaaf en sewe individuele Namibiese ouderdomsrekords is deur drie swemmers oortref.
Roselinda Matyayi van Aqua-swemklub het die 50 meter rugslag- en 50 vlinderslagrekords in die ouderdomsgroep 11 tot 12 jaar verbeter. Matyayi het hiermee onderskeidelik 529 en 473 punte volgens die wêreldbeheerliggaam Fina se ranglys opgeraap.
Sy het Tiana Esslinger se rugslagtyd van 33.74 sekondes (2016) tot 33.34 laat krimp. Sonja Adelaar se elfjaaroue rekord van 31.42 in die rugslag het sy tot 31.35 herskryf.
Oliver Durand van Dolphins-swemklub het die 800 vryslag- en 400 individuele wisselslagrekords vir mans 15 tot 16 jaar laat spat. Dit het hom onderskeidelik 566 en 615 Fina-punte besorg.
Durand was haastig met 9 minute 06,48 sekondes in die 800-vryslag en knyp 4.74 sekondes van Oliver Ohm se 9:11.22 (in 2021) af. Sy rekordpoging by die 400-wisselslag is selfs meer indrukwekkend waar hy Martin Oosthuizen (4:55.26) se rekord met 8.64 sekondes tot 4:46.62 uitvee.
Lushano Lamprecht van Aqua het die 800-vryslag-, 50-rugslag- en 100-vlinderslagrekords herskryf. Die voormalige uitblinker vir Namibië by internasionale byeenkomste was in onlangse jare in Maleisië gevestig maar, is terug in Windhoek en het met dié vertonings onderskeidelik 320, 494 en 433 Fina-punte opgeraap.
Lamprecht (mans 25 tot 44 jaar) verpletter in die 800 vryslag Dentie Louw se beste van 11:13.69 (2022) met 11:00.89, terwyl hy Morné Honiball se 34.30 (verlede jaar) in die 50-rugslag met 30.35 uitwis. Sy 1:05.38 in die 100-vlinderslag is ’n reuseverbetering op Jurie Badenhorst se merk van 1:19.00 in 2019.
Swemmers kon by dié byeenkoms vir die Bank Windhoek Namibiese nasionale kampioenskap kwalifiseer wat van Donderdag 23 tot Sondag 26 Februarie in Windhoek sal plaasvind.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie