Langasems, baan- en veldatlete byeen vir QSB-kamp
Atletiek en padwedlope
Die Marathon Sugar Quinton-Steele Botes oefenkamp en afrigtingskliniek word vanaf Maandag 9 tot Donderdag 12 Januarie aangebied en bereik ’n betekenisvolle mylpaal met sy 30ste onafgebroke bestaansjaar.
Die venue is by Affiespark, by Wanderers Sportklub in Pionierspark.
’n Spesiale fokuspunt vanjaar is om die land se middel- en langafstandhardlopers by te staan om tot hul volle potensiaal te ontwikkel, met Nederland se nasionale afrigter Grete Koens, asook JJ Smith van Pretoria wat betrek is betrek om hul kennis en ondervinding oor te dra.
Die QSB-oefenkamp het in 1993 as ’n inisiatief van die eertydse Namibiese atletiekadministrateur en afrigter Quinton-Steele Botes ontstaan en het van krag tot krag gegaan danksy insette van ervare afrigters van Namibië en die buiteland.
Botes is in 2014 oorlede, maar die kamp is voortgesit danksy die onvermoeide ywer van Leoni van Rensburg as hooforganiseerder. Oor die jare het dit as ’n wegspringpunt gedien vir vele atlete wat op nasionale, streek- en internasionale vlak uitgeblink het.
“Quinton het altyd gesê die oefenkamp was die hoogtepunt van sy jaar en ek glo hy sou baie trots gewees het op hierdie prestasie.
“Ons het vanjaar opnuut uitstekende afrigters van Namibië en Suid-Afrika, en selfs Nederland, wat gereed is om met ons opkomende jong atlete te werk,” sê sy.
AFRIGTERS
Sommige van die Suid-Afrikaanse afrigters wat terugkeer, sluit in Hugo Badenhorst vir hoogspring en Charley Strohmenger vir naellope en hekkies, asook vir die eerste keer JJ Smith, ’n afrigter met Wêreldatletiek se vlak 5-kwalifikasie wat tans met etlike van die buurland se beste ontluikende jong talent werk.
Namibië se eie Roger Haitengi sal weer die verspringers en driesprongatlete leiding gee.
Ander deelnemende Namibiese afrigters is Henk Botha (wat die Olimpiese 200-finaliste Christine Mboma en Beatrice Masilingi op die wêreldkaart gehelp plaas het), Lucky Gawanab, Fred-Charles Pieters (hekkies), Ryan Williams (nasionale rekordhouer in diskusgooi), Jasper Engelbrecht (spiesgooi), Izane van Schalkwyk en Caren Swanepoel.
REGISTRASIE
Die oefenkamp maak vir drie ouderdomskategorieë voorsiening, naamlik kinders van ses tot 10 jaar oud; die laerskool- en intermediêre program; asook die hoërskool- en senior atlete.
Die koste van deelname beloop N$400 vir kinders van vyf tot nege jaar; N$450 vir die intermediêre groep (10-17 jaar); N$550 vir die kursus vir afrigters (sluit ’n boek oor fiksheidsoefeninge in) en N$550 vir gevorderde atlete.
Registrasie kan Maandagoggend tussen 07:00 en 08:00 gedoen word.
Oggendsessies word op elke dag aangebied behalwe Woensdag, wat vanweë die heropening van skole net ’n namiddagsessie sal wees. Die hoërskool- en senior groepe het daagliks ook namiddagsessies.
Navrae of aansoekvorms vir registrasie kan aan Van Rensburg by 081 127 1193 of [email protected] gerig word.
• Borge en rolspelers wat die oefenkamp help moontlik maak, sluit in Marathon Sugar, Bokomo, Coca-Cola, ATKV, Food Lovers Market, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Arebbusch Travel Lodge, Hotel Thule, Stampriet Groente, Pupkewitz Toyota, Gondwana, Crystal Gold, Heja Lodge, Konica Minolta, Pick n Pay, die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, Damica, Likius First Aid Respond en Sign Factory.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie