Langasems presteer stewig in die Kaap
Padwedlope
Jeremia Shaliaxwe het met ’n stewige vertoning in die Kaapstad-marathon gister gewys dat hy opgang in padwedlope maak.
Teen die halfpadmerk (21.1 km) was die 35-jarige Namibiër in die voorste bondel (1 uur 07 minute 02 sekondes) en ná 30 km was hy steeds sterk in die prentjie, voordat hy uiteindelik in die 16de posisie klaargemaak het (2:16:05).
Volgens Netwerk24 het ’n onplesierige wind in Kaapstad gewaai en algaande sterker geword. Shaliaxwe se beste tyd in ’n marathon bly 2:16:40, wat hy in Junie verlede jaar in Gaborone opgestel het.
“Ek het die wedloop op TV gekyk. Shaliaxwe het goed gehardloop, hoewel hy nie baie goed geëindig het nie. As hy hierop kan verbeter, kan hy nog beter uitslae behaal,” sê Robert Kaxuxuena, die nasionale afrigter wat onder meer by Helalia Johannes se internasionale suksesse die afgelope jare betrokke was.
Twee naweke gelede het Shaliaxwe die Husab-marathon op Swakopmund se 21 km-wedloop in 1:09:39 gewen. Einde Julie het hy die Vivo Energy Windhoek Marathon se 21.1-km wedloop in 1:09:23 gewen.
Alina Armas was gister elfde in die Kaapstad-vrouemarathon. Haar beste posisie tydens die resies was ná 40 km, toe sy negende geplaas was. Die 39-jarige Namibiër se eindtyd was 2:40:41, nadat sy die halfpadmerk ná 1:19:42 bereik het (elfde).
Armas en Shaliaxwe was vanjaar die wenners van die Sanlam-kusmarathon op Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie