Le Rugby Jol laat kuier almal saam in Frankryk

Rugby
Sport Wrap se syfers gedurende hierdie periode het die wenkbroue behoorlik laat lig.
Andrew Poolman
Die sukses van Namibia Media Holdings se Le Rugby Jol-projek, in samewerking met sy twee korporatiewe vennote, kan op verskeie vlakke gemeet word – insluitend die statistiek van die programinhoud wat ons manne Arrie Hougaard en Richard Botha tydens die afgelope rugbytoernooi in Frankryk gegenereer het.

NMH se Le Rugby Jol (die opvolger van Jol in Japan in 2019) is op 27 April vanjaar bekendgestel, met DStv (SuperSport) en Windhoek Draught as vennote.

Tot en met 26 Oktober het die syfers op die multi-mediaplatforms aangetoon dat Arrie en Richard se video’s in Frankryk reeds meer as 2.1 miljoen keer gekyk is en meer as 8.5 miljoen unieke kykers bereik het, terwyl hul plasings meer as 400 000 keer interaksie uitgelok het.

Met die hutsmerke #windhoekdraught, #dstv, #lerugbyjol en #RWC2023 by elke plasing is klem gelê om die prominensie van NMH se handelsmerk Sport Wrap te bevorder.

Sport Wrap se syfers gedurende hierdie periode (1.93 miljoen kere gekyk; 6.58 miljoen unieke kykers bereik; 353 536 interaksies) het die wenkbroue behoorlik laat lig.

Met die byvoeging van gedeelde inhoud na die NMH multi-mediaplatforms van Republikein, Namibian Sun, Windhoek Express, Allgemeine Zeitung en Erongo was bogenoemde inderdaad die leeue-aandeel van die uiteindelike NMH-totale (2.1 miljoen kere gekyk; 8.55 miljoen unieke kykers bereik; 423 948 interaksies).

Die reis saam met Emorgen Jansen en haar ma (wenners van die gelukskompetisie om Namibië se eerste wedstryd in die toernooi teen Italië by te woon) was ’n hoogtepunt van die eerste toerdae. So ook, die eksklusiewe oomblik by die Eiffeltoring toe die Suid-Afrikaanse skeidsregter Jaco Peyper die goue fluitjie vir die openingswedstryd ontvang het, nadat fietsryers dit afgelewer het wie se reis in verre Nieu-Seeland begin het.

Hennie Geldenhuys, bemarkingshoof van Synergi, het sy dank uitgespreek teenoor die vennote DStv en die Namibië Brouerye, die Synergi-span asook Arrie en Richard en die NMH-ondersteuningspan vir die beriggewing tydens die toernooi.

“Ons het toegang tot heelwat van die inhoud van die Wêreldbekertoernooi gekry, wat ons met Namibiërs en ander belangstellendes wêreldwyd kon deel.

“Ek is opgewonde om te sien hoe rugby-inhoud die positiewe stories van Namibië kan vertel. Die statistiek was baie indrukwekkend en is ’n voorbeeld van hoe ons voortaan ook meer sportgebeure vir hierdie doel te gebruik.”

Tasneem Klazen, bemarkingsbestuurder van Windhoek Beer, sê: “Ons spreek graag ons waardering uit teenoor die Le Rugby Jol-span vir uitsonderlike verslaggewing van gebeure by die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk.

“Julle het ons nie net op datum gehou met betroubare nuus nie, maar julle het ook die gees en positiewe sentiment rondom ons nasionale rugbyspan aangedryf en julle het plaaslik en wêreldwyd ondersteuning gekweek waarop ons geweldig trots is.

“Baie dankie dat julle die stem van ons nasie tydens hierdie sportskouspel was. Julle werk het ons nie net ingelig gehou nie, maar ook verenig in ons liefde vir rugby en vir ons nasionale span, die Windhoek Draught Welwitschias.”

Abbelene Boer van Multichoice Namibia sê: “Die vennootskap met NMH/Synergi vir Le Rugby Jol het DStv Namibia toegelaat om aan ons intekenaars die Namibiese storie te bring in aanvulling tot die Wêreldbekerwedstryde wat gedurende die toernooi op SuperSport vertoon is.

“Om voortdurend ons stories te vertel, hou die sleutel om noodsaaklike nasionale steun vir die voortdurende ontwikkeling van rugby en alle sport in die land op te bou.”

• Kyk hier na die opgesomde hoogtepunte van Le Rugby Jol se opwindende tyd in Frankryk ... https://q.my.na/NXSU/

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!