Le Soccer Jol se wenner na Ivoorkus

Sokker
Jesse Kauraisa
Die gelukkige wenner Joseph Thomas het die prys losgeslaan om Namibia Media Holding (NMH) se span vir Le Soccer Jol na die 2024 Afrika Nasiebeker sokkertoernooi in Ivoorkus in Januarie te vergesel.

In NMH se gelukskompetisie is Thomas se naam gister uitgelees as die pryswenner, wat ’n reismaat kan saamneem.

“Ek was nog nooit tevore op ’n vliegtuig nie en ek het nog nooit buite Namibië gereis nie. Hierdie is vir my ’n wonderlike geleentheid,”het die sokkerliefhebber gesê.

“Ek ondersteun die Brave Warriors reeds sedert my kinderdae. Hierdie prys is vir my ’n droom wat waar word.

“Ek is baie dankbaar teenoor die borge en elkeen wat my ondersteun het,” het Thomas aan die media gesê ná die gelukstrekking by Bix Carwash in Katutura.

Le Soccer Jol is NMH se veldtog om eerstehands dekking te gee van die Afrika-skouspel – en vernaam die vordering van Namibië se eie Brave Warriors – wat op 13 Januarie afskop.

Tafel Lager, DStv Namibia, GOtv Namibia en NMH is die vennote wat Le Soccer Jol moontlik maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!