• Tuisblad
  • Sport
  • Legendariese Blanco se rekord in Franse sneltrein se visier

Legendariese Blanco se rekord in Franse sneltrein se visier

WB-rugby
Michael Green
Sy drieërekord vir Frankryk is daar om verbeter te word en hy hoop Damian Penaud doen dit in vanjaar se Wêreldbeker (WB)-eindstryd, het die legendariese Serge Blanco vandeesweek gesê.

Blanco (65), wat as een van die beste heelagters van alle tye beskou word, het van 1980 tot 1991 in 93 toetse vir die Hane gespeel en 38 drieë gedruk.

Penaud (47 toetse, 35 drieë) is tans een van die Hane se grootste angels en kort net drie drieë om Blanco se rekord te ewenaar.

“Rekords word opgestel om verbeter te word en ek dink myne sal deur Damian verbeter word,” het Blanco aan Reuters gesê.

“Hy het ’n wonderlike visie van die spel, is altyd goed geposisioneer en kan van enige plek op die veld ’n drie gaan druk.”

Frankryk speel Sondag in die WB-kwarteindronde teen die Springbokke in Parys. Die kans dat Penaud Blanco se rekord dán reeds sal verbeter, is bitter skraal, maar Blanco hou duim vas dat sy landgenoot dit wel binnekort sal doen.

“Ek hoop hy verbeter my rekord, hopelik in die eindstryd om aan ons (Frankryk) ons eerste WB-titel te gee en ons hart bly te maak,” sê hy.

Blanco het in 1980 in Pretoria in sy enigste toets teen die Springbokke gespeel.

Dit was ook Blanco se debuut vir Frankryk en hoewel die Hane met 37-15 slae gegee is, het hy sy span se enigste drie (deur die haker Philippe Dintrans) met ’n goeie lopie help skep.

Frankryk en die Bokke het toe om politieke redes eers weer in 1992 in Lyon teen mekaar gespeel, maar toe het Blanco al ’n jaar tevore sy stewels weggepak.

Blanco, wat in Caracas in Venezuela gebore is, het in Biarritz in Frankryk grootgeword. Hy het die Hane in 1991 se WB-toernooi, wat gesamentlik deur Engeland, Frankryk, Wallis, Skotland en Ierland aangebied is, aangevoer.

Nadat die Hane in die kwarteindronde deur Engeland uitgeskakel is, het hy uitgetree. Hy het ’n suksesvolle sakeman geword, maar nadat hy in 2009 ’n hartaanval gekry het, het hy besluit om sy werklas ’n bietjie te verminder.

* Kyk hier na hoogtepunte uit Serge Blanco se speeldae:

www.youtube.com/embed/SWGozl2OS94

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!