Die regterarmdraaier, Picky Ya France, was Saterdag met 3.5 lopies per boulbeurt, King Price se suinigste bouler teen MR24/7-Namspire. King Price het die kragmeting met 91 lopies beklink. Foto Tielman van Lill
Die regterarmdraaier, Picky Ya France, was Saterdag met 3.5 lopies per boulbeurt, King Price se suinigste bouler teen MR24/7-Namspire. King Price het die kragmeting met 91 lopies beklink. Foto Tielman van Lill

Leicher wys sy talent met 9 paaltjies

Krieket
Tielman van Lill
Die reëngode het Vrydagmiddag 'n demper op die eerste wedstryd van die Richelieu T20-franchisetoernooi geplaas wat veronderstel was om 15:00 by die United-krieketovaal in Olympia, Windhoek, te begin.

Die wedstryd tussen die Blasters van AMH-BA Blasting en King Price se Kings of Swing, sal komende Vrydag gespeel word wanneer die kompetisie by dieselfde veld hervat.

Slegs drie van die vyf beplande wedstryde vir die afgelope naweek kon Saterdag en Sondag gespeel word.

Saterdagoggend was King Price teen MR24/7-Namspire eerste aan die beurt, gevolg deur EXCO-M&M Signs teen AMH-BA Blasting. Sondagoggend was die Blasters eerste op die veld teen MRT24/7-Namspire, maar die wedstryd tussen King Price en EXCO-M&M Sings is afgelas sonder dat ‘n bal geboul is.

King Price (237 lopies vir die verlies van 3 paaltjies in 20 boulbeurte) het Saterdagoggend hul uitstappie met 93 lopies teen MR24/7-Namspire (146/5 in 20) op ‘n drafstap gewen.

The King of Swing, Gerrie Snyman (speler van die wedstryd), het 84 lopies van 'n skamele 48 aflewerings gemoker, wat ses viere en sewe sesse insluit. JP Kotzé (64) was ewe bedrywig met sy wilgerlat. Hy en kaptein JJ Smit (57) het tot groot vermaak van hul ondersteuners by Snyman se lopieskouspel bygedra.

Die MR24/7-Namspire-kolwers het gesukkel teen die aanslag van Dirk Theunissen (3/21 in 3 boulbeurte), Picky Ya France (0/14 in 4), Bernard Scholtz (1/18 in 4), Louis Peters (1/27 in 4) en Danie van Schoor (1/31 in 4) se puik boulwerk. Ya France was met 3.5 lopies per boulbeurt sy span se suinigste bouler.

Vir MR24/7-Namspire het kaptein Karl Birkenstock (21), Ramon Wilmot (34), Matthew de Gouveia (27) en Sean Silver (38*, nie uit nie) dubbelsyfers met die kolf behaal.

Ben Shikongo, Birkenstock en Wilmot het elk een paaltjie vir MR24/7-Namspire geneem.

Saterdagnamiddag het EXCO-M&M Signs eerste gekolf en met 'n lae telling van 142 lopies almal uit in 20 boulbeurte met 26 lopies teen AMH-BA Blasting geseëvier. Die Blasters kon net 116/9 in 20 aanteken.

Stephen Baard (26), JC Balt (22), Malan Kruger (24), Shaun Fouché (10) en Donovan Zealand (33*) was die wenspan se beste kolwers.

Dylan Leicher (4/20 in 4), Zhivago Groenewald (2/23 in 4), Ruben Trumpelmann (2/14 in 2) en Tangeni Lungameni (1/26 in 3) het paaltjies vir die Blasters laat kantel.

Kaptein Nicol Loftie-Eaton (16), Trumpelmann (35), Nyashadzaishe Nyasha (20) en Lu-Hendro de Waal (14*) het dubbelsyfers vir die Blasters aangeteken.

Fungayi Hlupo (2/18 in 4), Craig Williams (2/27 in 4), Donovan Zealand (2/28 in 4) en Fritz Coetzee (1/21 in 4) het met die bal in die hand vir EXCO-M&M Signs gewoeker.

Sondagoggend het die Blasters (191/4 in 20) hul wedstryd met 48 lopies teen MR24/7-Namspire (98/7 in 15) volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode gewen toe dit begin reën het.

Lohan Louwrens het sy klas vir die Blasters met 62 lopies gewys, terwyl Loftie-Eaton (30), Michau du Preez (29*) en Nyasha (41*) die telbord aan die gang gehou het.

Vir die verloorspan het Dewald Nell (1/29 in 3), Birkenstock (1/33 in 4) en Mauritius Ngupita (1/29 in 3) paaltjies platgetrek.

Die beste kolwers vir MR24/7-Namspire was Silwer (28), Birkenstock (30), De Gouveia (16) en Nell (11*).

Leicher het sy talent vir die toekoms gewys deur 5 paaltjies vir 19 lopies in sy 3 boulbeurte vir die Blasters te neem. Loftie-Eaton het met 1/21 in 2 bygedra.

Sondagmiddag het die reën opnuut die United-krieketveld in 'n meer verander. Die wedstryd tussen King Price en EXCO-M&M Sings sal die komende naweek gespeel word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!