• Tuisblad
  • Sport
  • Looser, Van Rhyn vooraan die wenners in Desert Dash

Looser, Van Rhyn vooraan die wenners in Desert Dash

Bergfietsry
Die organiseerders het opnuut daarin geslaag om 'n besonderse geleentheid met vernuwende aspekte aan te bied.
Andrew Poolman
Die 34-jarige Konny Looser het verlede naweek sy reeks ongeëwenaarde suksesse by die Nedbank Desert Dash in 2023 uitgebrei deur sy rekord met ’n sewende titel in nege jaar op te stoot.

Die Switserse burger, wat vir Indongo Toyota gery het, het vroeg beheer geneem in die solo-mansresies oor 397 km van Windhoek na Swakopmund, voor hy met ’n gemaklike verskil voor die Suid-Afrikaners Dusty Day, Marc Pritzen en Jaco Davel gewen het.

Looser het net oomblikke ná die manspan van twee lede van Alex Miller (Namibië) en Philip Buys (RSA) klaargemaak om sy wenrekord in die solo-wedloop te verleng.

Looser is ná ses oorwinnings agtereenvolgens (2015-2020) naelskraaps deur die Namibiërs Tristan de Lange (2021) en Drikus Coetzee (2022) geklop.

Die vroue-solotitel is gewen deur Namibië se Belinda van Rhyn, wat vir Mannie’s Bike Mekka gejaag het. Van Rhyn het vroeg reeds ’n oortuigende voorsprong opgebou en 2022 se wenner Yolande de Villiers van Suid-Afrika het uiteindelik nie klaargemaak nie. Tweede was Nina Holtrup van Duitsland, met Rebecca van Huyssteen van Suid-Afrika derde.

Ongeveer duisend deelnemers het vanjaar se wedren aangepak, wat ryers van baie lande regoor die wêreld ingesluit het. Spanne het die Desert Dash suksesvol gebruik as fondsinsamelings vir verskeie liefdadigheidsorganisasies.

Bill Jooste (85), in die geskiedkundige eerste Half Dash wat by die halfpadmerk begin het vir ryers ouer as 50, was weereens die oudste deelnemer, terwyl die MBM Mixed span waarskynlik die jongste in die geskiedenis was, bestaande uit Adrian Key (18), Ada Kahl (17), Justus Beulker (17) en Delsia van Vuuren, wat op 29 November 16 geword het om net betyds die minimum ouderdom te haal.

Voorste uitslae per kategorie:

SOLO MALE

1 Konny Looser (Switserland), 14 ure 52 minute 16 sekondes.

2 Dusty Day (RSA), 16:02:01.

3 Marc Pritzen (RSA), 16:02:33.

4 Jaco Davel (RSA), 16:03:08.

5 Gareth Jooste (Botswana).

6 Danzel de Koe (Namibië).

7 Brandon Stiger (Namibië).

10 Jurgen Sander (Namibië).

SOLO VROUERESIES

1 Belinda van Rhyn (Namibië), 18:47:40.

2 Nina Holtrup (Duitsland), 19:13:19.

3 Rebecca van Huyssteen (RSA).

MANSPANNE VAN TWEE

1 Pyga Euro Steel / King Price – Alex Miller (Namibië) en Philip Buys (RSA), 14:20:35.

2 Sterk Span I – Nico Sterk en Adriaan Myburgh (beide RSA).

3 King Price – Braam Vermeulen en JG van Graan (beide Namibia).

VROUESPANNE VAN TWEE

1 Hollard Ladies – Anri Krugel en Melissa Hinz (beide Namibië), 17:04:41.

GEMENGDE SPANNE VAN TWEE

1 MSL powered by MBM (Michael Falk en Irene Steyn (beide Namibië).

2 Team 504 (Konrad Marais en Jean-Marie Mostert, Namibia).

3 Interpack Gousies (Handrie Gous en Ruhan Gous, both Namibia).

MANSPANNE VAN VIER

1 Hollard Life – Ingram Cuff, Clinton Hilfiker, Gerhard Mans, André Vermeulen (almal Namibië), 13:53:29

2 Cymot – Kevin Lowe, Theuns van der Westhuizen (Namibians), Casper Kruger (RSA), Christiaan Janse van Rensburg (RSA), 13:54:40.

3 NCCS Pro Cycling – Lethokwe Gontse (Botswana), Nolan Hoffmann, Gustav Basson, Conrad Blaine (RSA), 14:28:39.

4 Team MBM – Daniel Abraham (Nederland), Ruan van der Westhuizen (RSA), Vera Looser, Xavier Papo (beide Namibië), 14:36:46.

VROUESPANNE VAN VIER

1 MSL Ladies – Nicole Spangenberg, Genevieve Weber, Tarien van Zyl, Monika Szczepan Kruger.

2 Hollard Ladies – Anneke Steenkamp, Lelanie Swart, Maike Bochert, Marion Schonecke (almal Namibië).

3 Steckels Toyota – Anique Schoeman, Monique Taylor, Charly Taylor, Monja Scholtz.

GEMENGDE SPANNE VAN VIER

1 MBM Mixed – Ada Kahl, Adrian Key, Delsia van Vuuren, Justus Beulker.

2 Cymot Mixed – Monique du Plessis, Binette Steenkamp, Oskar Roeber, Nicola Odendaal.

3 Food Lovers Market – Des Doman, Michelle Doman, Hanlie Cilliers Franzs, Morné Honiball.

HALF DASH (50 en ouer)

Manswenner: Stefan van Doorn.

Vrouewenner: Anri Parker.

E-BIKES: 1 E-Ride Lovers (Lionie Meyer, Wilmien Chamberlain, Christine Steinfurth, Mike Swanepoel).

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!