Low Key wil 2023 op ’n hoë noot eindig
Boks
Die Namibiese vegter bly vasberade om die Amerikaners te gaan wys waartoe hy in staat is.
Jeremiah “Low Key” Nakathila, Namibië se superveergewigbokser, gaan op 11 November in Kalifornië die talente van Ernesto “Tito” Mercado van die VSA op die proef stel.
Die 33-jarige Nakathila en Mercado (22) sal in Ontario by die LumColor Phoenix Center die handskoene vir ’n nie-titelgeveg in die weltergewigafdeling vasknoop. Mercado het sover elk van sy twaalf gevegte gewen, waarvan elf met uitklophoue beëindig is.
Nakathila (23 gewen, drie verloor, 19 uitklophoue) het sy laaste geveg in Mei vanjaar in Las Vegas met ’n tegniese uitklophou teen Raymond Muratalla van die VSA verloor. Low Key en Muratalla het toe vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se vakante globale liggewigtitel kragte gemeet.
Nakathila het dié week gesê hy kan nie weer die uitkoms van dié geveg aan “die toeval” oorlaat nie. Hy het wel in Maart 2022 vir Miguel Berchelt van Mexiko in die VSA tot oorgawe gedwing. Die komende geveg is Low Key se derde uitstappie na die VSA.
“Ek sal van die eerste ronde af vir my lewe moet veg. Om met punte in die VSA te wen en te hoop die beoordelaars ken rondes aan jou toe, is nie ’n strategie waarop jy kan staatmaak nie. ’n Uitklophou is die enigste manier om jouself in die VSA teen ’n Amerikaner te bewys.
“Dis nou wel nie ’n titelgeveg nie, maar dis die hoofgeveg van die aand en baie belangrik vir my om te wen,” het die gewese Afrika-titelhouer verduidelik.
Nakathila het gister by die mediakonferensie gesê: “Baie dankie aan ons borge MTC en PstBet wat die geveg vir my moontlik maak. Ek sal nie op geluk staatmaak om die geveg te wen nie. Ek het te hard gewerk om die geveg te kry.
“Ek glo hy is ’n harde neut om te kraak, maar onthou ek is ook ’n harde neut. So, ek is reg om hom te klop om die jaar op ’n goeie noot af te sluit.”
Nakathila en Nicky Natangwe, een van sy afrigters, vertrek komende Sondag na die VSA.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie