Ludorum-trofees eindelik bevestig

Swem
Die Namibiese Swemfederasie (Nasfed) het ná ’n vertraging sy groot individuele uitblinkers by die Bank Windhoek nasionale kortbadkampioenskap vroeër vandeesmaand op Swakopmund bevestig.

Die vertraging is deur ’n regstelling van ’n administratiewe oorsig, asook ’n navraag oor die FINA-puntetoekenning veroorsaak.

Beide hierdie kwessies is intussen opgeklaar en die ludorum-pryse is soos volg toegeken:

Junior victrix ludorum: Roselinda Matyayi (Aqua-swemklub).

Junior victor ludorum: Lorenzo Esterhuizen (Aqua-swemklub).

Senior victrix ludorum: Roselinda Matyayi (Aqua-swemklub).

Senior victor ludorum: Oliver Durand (Dolphins-swemklub).

Die beheerliggaam wens dié swemmers geluk – in die besonder Roselinda wat net 12 jaar oud is en die algehele hoogste puntetotaal van die vroueswemmers opgestel het.

LANGBAD

By laas naweek se eerste Bank Windhoek langbadgala in Olympia het Roselinda Matyayi opnuut vir een van net twee nasionale ouderdomsrekords gesorg.

Sy het haar eie rekord in die meisies 11-12 jaar vlinderslag tot 29.89 sekondes verbeter, terwyl Dolphin se gemengde aflosspan onder 10 die 400 meter wisselslagrekord tot 5 minute 54.34 afgedwing het.

Die twee individuele beste prestasies van die byeenkoms was:

• Jessica Humphrey (Aqua) 760 FINA-punte, meisies 15-16 jaar 50 m rugslag, 30.83 sekondes.

• Oliver Durand (Dolphins) 611 FINA-punte, seuns 15-16 jaar 100 m vryslag, 55.27 sekondes.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!