draf
draf

Maak litte los vir ‘n goeie doel

Drawwery help herstel menswaardigheid
Die eerste Biltongfees sedert 2019 sal afskop met 'n drafsessie vir 'n goeie doel.
Vanjaar se Biltongfees, op Saterdag 30 Julie by United-sportklub, beloof om alle verwagtinge te oortref met kunstenaars soos Leah, Franja du Plessis en Jan Jan Jan wat feesgangers op hul voete sal hê. En natuurlik ook al die biltong, meer as wat jou hart kan begeer.

Diegene wat egter eers hul gewete moet sus oor die kalorieë wat hulle die dag gaan inneem, kan hul litte vir ’n goeie doel met die Dignity Run losmaak.

“Die Dignity-projek is ’n liefdadigheidsprojek deur die Nederduitsch Hervormde Kerk wat slagoffers van seksuele geweld ondersteun. Dignity-pakkies met basiese higiëniese produkte, Bybels en ander items word bymekaargemaak en aan slagoffers gegee. Vir sommiges is dit die eerste stap om hul waardigheid te herstel,” sê me. Sandra Loubser, ’n organiseerder van die Biltongfees.

Deelnemers sal douvoordag gereed moet wees om die kilometers aan te pak, aangesien die 10 km ope wedloop reeds om 07:00 begin. Die ope kategorie is volgens Loubser meer mededingend met Windhoek Harriers-drafklub as tydhouers.

Die topmans en -vroue in dié kategorie sal pryse met ’n gesamentlik waarde van meer as N$6 000 wen.

Die deelnemers aan die 5 km-pretdraf – wat om 07:30 afskop – word ook na die prysuitdeling om 08:30 in die hooftent genooi.

“Ons sal ook geluktrekkings hê vir almal wat deelgeneem het,” sê Loubser.

Jou kaartjie om aan die Dignity Run deel te neem, kan jy slegs by etickets.my.na koop.

Eerder as om ’n gewone Biltongfees-kaartjie te koop, kan deelnemers ’n Dignity Run-kaartjie vir dieselfde prys koop.

Die Dignity Run-kaartjie gee ook toegang tot die Biltongfees, maar volgens Loubser “moet hulle ’n Dignity Run-kaartjie koop omdat ons verdere besonderhede vir deelnemers nodig het.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!