Maanvallei roep langasems
Padwedlope
Die SPAR Gondwana Maanvalleimarathon vind komende Saterdag vanaf Swakopmund deur die bekende maanlandskap en weer terug na die kusdorp plaas.
Bethold Karumendu, hooforganiseerder van die byeenkoms, het gesê: “Die eerste geskiedkundige en lang verwagte Spar Gondwana-marathon sal Saterdagoggend douvoordag by die Mole afgesit word. Die marathon- en halfmarathonatlete (42.2 kilometer en 21.1 km) sal sesuur in Swakopmund wegspring terwyl die pretloop oor 10 km eers 08:00 begin.
“Ons sal Vrydag van 12:00 tot agtuur die aand by die Gondwana Delight-hotel laat inskrywings aanvaar. Maar belangstellendes moet onthou dat inskrywings beperk is.”
By die vroue-marathon kan bekendes soos die viermalige Olimpiër en heersende Statebondspelekampioen Helalia Johannes, Anna Amutoko, Lavinia Haitope en Alina Armas hul stempel afdruk, terwyl Jeremia Shaliaxwe, Erastus Pinehas, Kefas Kondjashili en Tomas Rainhold (Olimpiese debutant in Tokio 2021) in die manswedloop kan aantree.
Pretstappers en drawwers kan ná hul oor die eindstreep gesuiker het hul nommers inhandig en sal ’n sleutelhouermedalje ontvang. Deelnemers se name sal vir watertandpryse met ’n gelukstrekking gebruik word.
AANLOKLIKE PRYSE
Marathon-atlete kan hul tand vir uitstekende kontant en geskenkbewyse slyp.
Eerste plek: Gondwana-akkomodasiebewys (N$12 000) en N$8 000 kontant van SPAR.
Tweede plek: Gondwana-akkommodasiebewys (N$10 000) en N$6 000 kontant van SPAR.
Derde: Gondwana-akkomodasiebewys (N$8 000) en N$2 000 kontant van SPAR.
Halfmarathon eerste plek: Gondwana-akkomodasiebewys (N$6 000) en N$5 000 kontant van SPAR.
Halfmarathon tweede plek: Gondwana-akkomodasiebewys (N$4 000) en N$3 000 kontant van SPAR.
Halfmarathon derde plek: Gondwana-akkomodasiebewys (N$2 000) en N$2 000 kontant van SPAR.
Registrasie vir die marathon en halfmarathon kos N$250 per persoon en vir die pretloop N$150.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie