Man City pluk titel voor Liverpool weg

Sokker
Só naby en tog só ver. Manchester City het Sondag op sy tuisveld die agtste keer die Engelse Premierligakroon ingepalm toe hy Aston Villa in ’n dramatiese wedstryd met 3-2 geklop het nadat hy ná 75 minute nog met 0-2 agtergeloop het.

Op Anfield in Liverpool was die spanning ook by breekpunt, want as Aston Villa vir Manchester City kon klop en Liverpool het Wolves uitgestof, dan sou Liverpool as kampioen gekroon word.

Maar dit was Liverpool, wat Wolves met 3-1 geklop het, nie beskore nie, want Man City het die titel met drie skitterende doele binne die bestek van vyf minute en 36 sekondes teen Aston Villa beklink.

Dit het bloedsweet gekos, veral nadat Matty Cash en Philippe Coutinho twee doele vir Aston Villa aangeteken het.

Maar Ilkay Gundogan (2 doele) en Rodri het met drie doele in die 76ste, 78ste en 81ste minuut seker gemaak dat Man City sy vierde titel in vyf jaar wen.

Vir Liverpool, wat met 92 ligapunte teenoor Man City se 93 punte geëindig het, het Sadio Mane, Mo Salah en Andy Robertson doele aangeteken, terwyl Neto in die kol vir Wolves was.

Maar dit was nie al drama nie – Tottenham Hotspur het met ’n sege van 5-0 oor Norwich City seker daarvan gemaak dat hy vierde eindig en aanstaande seisoen in die geldryke Europese Kampioeneliga sal speel.

Arsenal, wat in ’n stryd teen Spurs om die vierde plek gewikkel was, het Everton met 5-1 geklop.

Spurs (71 punte) het genoeg gedoen om Arsenal (69 punte) tot die vyfde plek te verdoem.

Aan die onderpunt van die puntelys het Leeds United (38 punte) met ’n oorwinning van 2-1 oor Brentford seker gemaak dat hy in die Premierliga bly.

Maar vir Burnley, wat ses jaar in die Premierliga was, was dit ’n hartseer verhaal nadat hy met 1-2 teen Newcastle United verloor het.

Burnley (35 punte), Watford (23) en Norwich City (22) skuif dus af.

– BBC, Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!