China is besig met die konstruksie van die Mandjafa-stadion in Tsjaad wat 33 000 toeskouers sal kan huisves. FOTO VERSKAF
China is besig met die konstruksie van die Mandjafa-stadion in Tsjaad wat 33 000 toeskouers sal kan huisves. FOTO VERSKAF

Mandjafa-stadion nader voltooiing

SOKKER
Die stadion is 'n geskenk van China en word teen 'n beraamde koste van N$2,8 miljard opgerig.
Phillipus Josef
Tsjaad maak goeie vordering met die konstruksie van ‘n moderne stadion in die hoofstad N’Djamena. Die stadion het kapasiteit vir 33 000 mense en word teen ‘n beraamde koste van US$154 miljoen (N$2,8 miljoen) gebou. Volgens ‘n verslag deur die Keniaanse publikasie Construction Review word die Mandjafa-stadionprojek deur China gesteun.

Volgens die publikasie is die projek na bewering ‘n geskenk van die Chinese regering. Die ooreenkoms tussen Tsjaad en China is in 2016 onderteken, met die bou van die stadion wat kort daarna afgeskop het. Die verwagte datum van wanneer dit uiteindelik voltooi sal wees, is egter onbekend.

Met voltooiing sal dit na verwagting die ontwikkeling van sokker onder jong mense in Tsjaad ‘n hupstoot gee en ook verseker dat dit in lyn met die regulasies van die Konfederasie van Sokker in Afrika (CAF) is.

Op eie bodem het Namibië ook stappe in 2024 geneem om infrastruktuur vir sokker in die land op te gradeer. Verlede jaar het die ministerie van sport, jeug en nasionale dienste se uitvoerende hoof Erastus Haitengela aangekondig dat Marley Tjitjo Architects in ooreenstemming met die openbare verkrygingswet aangewys is as die hoofkonsultante vir ‘n uitvoerbaarheidstudie, ontwerp, tenderdokumentasie, kontrak en toesighouding van die broodnodige opknap van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Die beraamde koste van die projek word op tussen N$500 en N$800 miljoen beraam. Die besluit volg op CAF se besluit in 2021 dat die stadion ongeskik is om internasionale sokkerwedstryde aan te bied.

Die opgradering van die stadion sal dit weer in ooreenstemming met CAF se riglyne bring wat beteken dat Namibië weer kompeterende internasionale wedstryd op tuisbodem sal kan aanbied.

Tans is Namibië een van verskeie Afrika-lande sonder ‘n stadion wat CAF-goedkeuring wegdra. Die ander sluit in Soedan, Suid-Soedan, Seychelles, Sierra Leone, Somalië, São Tomé, Niger, Malawi, Zimbabwe, Madagaskar, Benin, Burkina Faso, Burundi, Sentrale Afrikan Republiek, Tsjaad, Comoros, Djibouti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Guinea, Kenia en Lesotho.

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!