Mansreeks in Kaap bly in weegskaal

Hokkie
Die Namibiese manshokkiespan onder kaptein DJ Strauss is in ’n hewige stryd gewikkel in sy reeks van vyf internasionale binnenshuise wedstryde teen Suid-Afrika in Kaapstad.

Met die derde probeerslag het Suid-Afrika eindelik gisteroggend ’n reeksvoorsprong met 1-0 verkry, ná twee dramatiese gelykopwedstryde Vrydag en Saterdag.

Die wipplankryery met die voorsprong kan voortgesit word in die oorblywende twee wedstryde – vandag en môre, beide om 20:30.

Namibië het gister vroeg die voortou geneem met Fagan Hansen se openingsdoel ná net twee minute.

Twee treffers deur Dylan Finch het die toerspan met 3-1 laat voorloop teen die tyd dat die rustydfluitjie geblaas het.

Die Suid-Afrikaners het egter hul voete gevind met doele deur Ryan Julius (2), Chad Fitcher en Cassiem Dayaan, voordat Dakota Hansen vir Namibië teruggeslaan het om die telling 4-4 te maak.

Die Proteas het egter die laaste sewe minute die meer akkurate spel gelewer om danksy doele deur Jethro Eustice, Keegan Hezlett en Mustapha en Mustapha Cassiem die oorwinning met 7-4 te beklink.

Die vorige twee wedstryde Vrydag en Saterdag was beide gelykop – onderskeidelik met 2-2 en 5-5.

Namibië se doelskieters Vrydag was Pieter Jacobs en Nico Neethling. Saterdag het Namibië doele deur Jacobs, Liam Hermanus (3) en John-Paul Britz behaal.

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!