Mapimpi moet wys hy’s steeds Bokke se beste
Rugby
Die bal is Saterdag op Twickenham in Makazole Mapimpi se baan om te wys wat hy in sy geliefde nr. 11-trui kan doen nadat Kurt-Lee Arendse se spogvertonings op toer hom uit sy gemaksone geruk het.
Mapimpi is die linkervleuel teen Engeland, met die 26-jarige Arendse wat na regtervleuel skuif nadat Cheslin Kolbe na sy Franse klubspan, Toulon, moes terugkeer.
Die 32-jarige boorling van Mdantsane speel Saterdag in sy 36ste toets nadat hy op 2 Junie 2018 in Washington, D.C., sy toetsbuiging teen Wallis gemaak het. Hy het al 22 toetsdrieë gedruk.
Mapimpi sou voordat hy op die vliegtuig vir November se toetse teen Ierland, Frankryk, Italië en Engeland geklim het nooit verwag het dat hy sy plek in die beginspan sou verloor nie.
Hy het in Marseille teen Frankryk die eerste keer op die bank gesit en nie die beginspan gehaal nie.
In Genua teen Italië het hy glad nie die 23-tal gehaal nie.
Mapimpi speel daarom op Twickenham vir sy plek in die beginspan. Net Bryan Habana (121 toetse), JP Pietersen (60), Breyton Paulse (57), James Small (41) en Pieter Rossouw (39) het al meer toetse as Mapimpi op vleuel vir die Springbokke begin.
Mapimpi het in 34 van sy 35 toetse die beginspan gehaal. Sy 36ste toets, Saterdag s’n op Twickenham, is nou een van die belangrikste toetse van sy loopbaan.
Op sy beste beskik min vleuels op die planeet oor die vermoë om soos Mapimpi af te rond. Teen Engeland sal hy daardie verhoog wil gebruik om opnuut te wys watter waarde hy as verdediger, met sy lugspel en werkverrigting kan toevoeg.
Met André Esterhuizen en Jasper Wiese terug by hul Engelse klubs, is Jesse Kriel terug in die Springbokke se middelveld en kry Evan Roos sy groot kans op agtsteman.
Die Bokke se staatmakerslot Eben Etzebeth is ook terug in die beginspan nadat hy verlede week teen Italië lid van die “bomb squad” was.
Thomas du Toit (vaskopstut), Marco van Staden (flank) en Canan Moodie (heelagter/vleuel), wat vandeesweek na die Bok-kamp ontbied is, is almal op die plaasvervangersbank ingesluit.
Suid-Afrika (15-1):
Willie le Roux, Kurt-Lee Arendse, Jesse Kriel, Damian de Allende, Makazole Mapimpi, Damian Willemse, Faf de Klerk, Evan Roos, Franco Mostert, Siya Kolisi (k), Marvin Orie, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi en Ox Nche.
Reserwes: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Thomas du Toit, Marco van Staden, Kwagga Smith, Jaden Hendrikse, Manie Libbok en Canan Moodie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie