Marais en Barlow tref vir medaljes

Jaggeweerskiet
Tielman van Lill
Die Namibiese jaggeweerskietspanne wat sedert Donderdag naby George in die Suid-Kaap teen die Proteas en ’n Suid-Afrikaanse Presidentspan met ongeveer 1 700 skote in aksie was, het hulle in moeilike winderige toestande uitstekend van hul taak gekwyt.

Francois Marais junior het goud in die .222-223-afdeling met 700 punte opgeraap. Sy totaal oor twee dae is 1 330.4 – heelwat meer as Pieter Fourie, sy naaste teenstander van die Proteas, met 1 260.9.

Die Proteas het wel die spankompetisie met 6 514.5 teen die Namibiërs se 5 986.4 gewen. ’n Suid-Afrikaanse uitnodigingspan was derde (4 822.7).

Michael Barlow beklink ’n silwermedalje (680.5) in die .222-223-Oos-Kaap skiet. Hein de Swart van die Westelike Provinsie behaal goud (685.4) en Kobus Visser van die Boland brons (665.6).

In die ope afdeling handhaaf die Namibiese nasionale span opnuut ’n hoë standaard vir silwer. Die Namibiërs behaal 8 563.4 punte, terwyl die gasheer met 8 912.5 antwoord. Die twee lande se Presidentspanne weeg minder goed op en die Namibiërs word met 9 234.2 teen 7 541.1 oorskadu.

Namibië se beste skut is weer Marais junior met 1 582.2, terwyl Stian van Wyk van die Proteas 1 671.7 opstel. Marais se 1 582.2 is die naasbeste aan Van Wyk.

By die Presidentspan kraai Johannes Marais (1 476.5) koning teen sy Namibiese spanmaats, terwyl Stephan van Wyk (1 631.9) die beste SA skut is.

Die uitslae vir die Namibiese skuts:

.222-.223-kompetisie: 1 Francois Marais junior (1 330.4), 2 Francois Marais senior (1 105.4), 3 Strydom van der Wath (1 020), 4 Wittes Marais (1 000.2), 5 Johan Wessels (790), 6 Tabby Barnard (740.4).

By die Lovain Ope verwerf Namibië se nasionale span silwer en die Proteas goud. Stian van Wyk van die Proteas is die beste skut (860.9) gevolg deur Fred Danzfuss (835,7) en Luandre Benade (826.4) van Namibië. Die Namibiese Presidentspan word egter deur hul mededingers oordonder.

Ope afdeling, Nasionale span: 1 Marais junior (1 582.2), 2 Marais senior (1 525.8), 3 Luandre Benade (1 507.4), 4 Morné Louw (1 321.3), 5 S. Van der Wath (1 320.6), 6 Michael Barlow (1 306.1).

Presidentspan: 1 Johannes Marais (1 476.5), 2 Wilhelm Loubser (1 391.3), 3 Hermanus du Toit (1 356.9), 4 Basjan van der Merwe (1 235.5), 5 Marius Louw (1 210.7), 6 Bradley Jarman (870.2).

Lovain Ope (uit 900 punte), nasionale span: 1 Luandre Benade (826.4), 2 Marais sr. (745.8), 3 Marais jr. (741.2), 4 Morné Louw (700.7), 5 S. Van der Wath (680.2), 6 Michael Barlow (650.6) vir ’n totaal van 4 344 en silwer. Goud Proteas (4 393.9).

Presidentspan: 1 J. Marais (746), 2 H. du Toit (640.9), 3 W. Loubser (615,4), 4 Marius Louw (605.3), 5 Basjan van der Merwe (530.1), 6 Stefan Louw (465.4), 7 Bradley Jarman (380) vir 3 983.2 (silwer). SA presidentspan 5 290.4 (goud).

Eden Ope (uit 900): Goud Jacques Obermeyer 845.9 (RSA), silwer Marais jr. 841 (Namibië), brons Jacques du Plooy 825.9 (RSA).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!