Mari lewer hoogtepunt van toer

Tennis
Mari van Schalkwyk (o.14-meisies) het die beste geëindig van die Namibiese spelers in die Internasionale Tennisfederasie (ITF) en die Konfederasie van Afrika-tennis (CAT) se junior Suider-Afrika streektoernooi wat verlede week in Harare aangebied is.

Uit die o.14-meisies, o.16-seuns en o.16-meisies was Van Schalkwyk die enigste Namibiër wat die halfeindronde kon haal en het die bronsfinaal in haar ouderdomsgroep gewen.

Ná ’n vegtende oorwinning in haar openingswedstryd teen die sewende gekeurde Emily George van Zimbabwe (4-6, 6-0, 6-1), het sy nog twee wedstryde gewen voor sy in die halfeindstryd deur die topgekeurde Jahnie van Zyl van Suid-Afrika uitgeskakel (6-0, 6-0) is. Sy het hierna die bronsfinaal teen Chanelle Zhuwakini van Zimbabwe beklink (6-2, 4-6, 10-8).

Van Schalkwyk (nie familie van die bekende tennisbroers Connor en Codie wat in die VSA studeer nie) het ook saam met Joanivia Bezuidenhout tot in die halfeindstryd van die dubbelspel vir o.14-meisies gevorder, voordat hulle deur die Zimbabwiese paar Zhuwakini en George uitgeskakel is.

Bezuidenhout (tweede gekeur) het ná ’n loslootjie haar kwarteindstryd teen ’n speler van Botswana gewen, voordat Zhuwakini haar met 6-2, 6-1 geklop het.

“Die toernooi is deur reën belemmer en gevolglik is heelwat van die uitspeelwedstryde vir finale posisies in die plaatafdeling nie afgehandel nie. Joanivia was een van dié wat ná haar uitskakeling tot die 7/8-finaal gevorder het, wat toe uitgereën het.

“Ons spelers het in sommige gevalle nogal moeilike lotings gehad, maar verskeie (dalk meer as vorige jare) het hul openingswedstryde gewen – insluitend Ruben Yssel (seuns o.16),” sê Santie van der Walt, die Namibiese Tennisvereniging se voorsitter vir junior tennis.

• ’n Spankompetisie is ná die individuele toernooi aangebied, waarin die uitslae van die verskillende ouderdomsgroepe bymekaar getel is. Hier het Namibië oorwinnings teen Malawi en Lesotho behaal, maar moes teen die Suid-Afrikaners die knie buig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!