Martin, Dippenaar konings van die kus

Tydrenne
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Shell V-Power Swakopmund-tydren oor elf spe­siale sneldele (SS’e) en altesame 110 kilometer is Saterdag algeheel deur Allan Martin in die S4-passasiersklas en Jandré Dippenaar in die veldafdeling vir bakkies gewen.

In die passasiersafdeling was Wilro Dippenaar en Carolyn Swan algeheel tweede in sy 4x4 Ford Fiesta S2000, terwyl Etienne van den Heever en Willy van Wyk die derde posisie in sy S1-klas 2x4-Volkswagen Polo opraap. Van den Heever is ook eerste in die S1-klas.

In die veldafdeling was Dippenaar en Gielie Visser se brullende CR2-klas 4x4 Ford Ranger V8 met 1 uur 1 minuut 59 sekondes op die stophorlosie te vinnig vir Ewald en Hein Bisschoff se CR1-klas 2x4 Nissan Hardbody V8 wat in 1:10:03 tweede eindig.

Die Island Boys met Dirk Redman agter die CR2-klas 4x4 Toyota Hilux 2.7 se stuur, met Flippie Liebenberg as navigator, neem die derde plek met 1:11:54 in.

Martin en sy navigator, Maretha Olivier, het die tydren met sy S4-klas 4x4 Skoda Fabia R5 in 53 minute 47 sekondes teen gemiddeld 115.8 kilometer per uur afgelê en sewe van die elf sneldele ingepalm.

Dippenaar handhaaf gemiddeld 111.9 km/h, wen drie sneldele en deel een skof met Martin in dieselfde tyd (4:02). Van den Heever het in sneldele vyf en ses sonder remme gejaag, maar slaag nogtans daarin om die 110 km in 1:07:08 teen 93.3 km/h te voltooi.

Die voorste uitslae per klas:

S4: 1 Martin/Olivier (53:47), 2 W. Dippenaar/Swan (55:57).

Oswaldo Mendes/Cecil Koorts met ’n 4x4-Subaru Impreza (SS1) en Issai Nhinda/Dian van der Merwe in ’n 4x4 Subaru Impreza (SS10) het nie klaargemaak nie. Tinus Malan en Paul van Niekerk (4x4 Audi TT) moet ná SS5 onttrek.

S2: 1 Gert Coetzee/Dalton Bezuidenhout (2x4 VW Polo A7) 1:07:30, 2 Jannie Coetzee/George Coetzee (2x4 VW Polo Gold) 1:40:36.

Wido Bartsch/Raymond Fourie asook Zachary Martin/Amanda Hugo se 2x4 VW Polo’s het onderskeidelik in SS2 en SS4 gebreek en kon nie die tydren voltooi nie.

S1: 1 Van den Heever/Van Wyk, 2 Paul Oosthuizen/Johan du Plessis (1:09:30) 2x4 VW Golf MK2, 3 Pierre Röhm/Berto Mostert (1:13:46) 2x4 VW Polo, 4 Pieter Greeff/JP Robinson (1:08:01) 2x4 Toyota Corolla.

Steven Marnevick/Rouche Louw se 2x4 Mitsubishi Lancer ontwikkel in SS2 probleme en moet onttrek.

Veldklas, algeheel: 1 J. Dippenaar/Visser (1:01:59), 2 E. Bisschoff/H. Bisschoff (1:10:03), 3 Redman/Liebenberg (1:11:54).

Veldklas, CR2: 1 J. Dippenaar/Visser, Redman/Liebenberg.

Veldklas, CR1: 1 E. Bisschoff/H. Bisschoff.

Onttrekkings: Willie Schoeman/SJ Schoeman (SS7) 2x4 Toyota Hilux 2.8, Werner Bartsch/Christel Fourie (SS9) 2x4 Ford Courier V6, Peter-Alan Alchin/Riaan Hennop (SS5) 2x4 Ford Courier V6.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!