Masilingi en Mboma in Bloemfontein
Atletiek
Tielman van Lill
Beatrice Masilingi en Christine Mboma sal vandag ná 16:00 aan Atletiek Suid-Afrika se Kontinentale Grand Prix-byeenkoms by die Mangaung-stadion in Bloemfontein deelneem.
Dié twee 18-jariges sal nie vandag soos gebruiklik vir die 200 meter-naelloop in die wegspringblokke sak nie, maar wel vir die korter 100 m.
Mnr. Henk Botha, afrigter van Namibië se twee Olimpiese sterre, sê dié uitstappie is bloot om te sien hoe sy atlete die afgelope paar maande op ’n strawwe oefenprogram gereageer het.
Masilingi en Mboma het in Januarie in Swakopmund aan een Grand Prix-byeenkoms van Atletiek Namibië deelgeneem (in die 100 meter) en uitsonderlike goeie tye op kusvlak behaal. Mboma het toe in 11.25 sekondes en Masilingi met 11.37 geëindig.
Tradisioneel teken naellopers in kort naellope stadiger tye op seevlak as op ’n goeie hoogte bo seespieël aan. Windhoek is 1 655 meter bo seespieël geleë en Bloemfontein effe laer op 1 395 meter.
Masilingi het juis op 18 Augustus 2021 by die o.20-wêreldkampioenskap in Nairobi, Kenia, die senior en junior Namibiese 100-rekords met 11.20 op 1 795 m bo kusvlak verpletter.
Globine Mayova en Masilingi se vorige rekord was 11.38 sekondes wat onderskeidelik in Germiston (op 16 Maart 2013) en Windhoek (17 Desember 2020) aangeteken is.
Mboma het in Swakopmund gewys dat haar bekende trae wegspring en aanvanklike vaartversnelling uit die wegspringblokke iets van die verlede is. Sy moes verlede jaar nog uithaal om atlete met die 200 van agter in te hardloop.
By die kus het sy egter goed weggespring en vanuit die staanspoor puik versnel om die 100 in ’n baie goeie tyd te wen.
Nietemin is geen rekordtyd vandag deel van die Botha-kamp se planne nie. Indien dit wel gebeur, sal dit ’n bonus vir die Grootfonteiners wees. Dit is wel moontlik dat Masilingi en Mboma vandag vriend en vyand met hul vertoning gaan verstom. Tye van 11.20 en selfs vinniger is nie uitgesluit nie.
Botha-hulle se paaie sal nie in die Rosestad met Suid-Afrika se nuutste tienerblits, die 17-jarige Viwe Jingqi, kruis nie. Jingqi, hoofmeisie van die Tuks-atletiekakademie, het vroeër vanjaar Mari-Lise Furstenburg se Suid-Afrikaanse junior 100-rekord uitgewis wat vir 38 jaar en drie maande op 11.54 gestaan het.
Haar tyd van 11.47 in Roodepoort met die finaal van die Twizza Superskole-reeks is die RSA se nuwe nasionale o.18-rekord. Dit is wel nog nie op die vlak van die Namibiërs se tye nie, maar sy is beslis ’n kandidaat (100 en 200) vir die o.20-wêreldkampioenskap wat van 1 tot 6 Augustus in Santiago de Cali, Colombië, gehou word.
Atlete moet 11.90 behaal om vir Cali te kwalifiseer. Masilingi en Mboma het reeds dié regmerkie met gemak behaal. Mboma is steeds die wêreld se voorste senior 200-atleet, met Masilingi derde en Marie-Josée Ta Lou van die Ivoorkus tweede.
Die topvyf tye vanjaar ter wêreld in die 100 meter vir o.20-vroue is: 1 Christine Mboma (11.25), 2 Kerrica Hill van Jamaica (11.31), 3 Torrie Lewis van Australië (11.35), 4 Beatrice Masilingi (11.37), 5 Tina Clayton van Jamaica (11.39).
DIE VERNAME 100-REKORDS
Senior SA rekord: (11.06) Evette de Klerk, 20 April 1990, Germiston.
Senior Afrika-rekord: (10.78) Murielle Ahouré (Ivoorkus) op 11 Junie 2016, VSA, en Marie-Josée Ta Lou op 30 Julie 2021, Tokio, Japan.
Afrika-rekord (o.20): (11.11) Joan Uduak Ekah van Nigerië, 2 Julie 1999, Lausanne, Switserland.
Wêreldrekord (o.20): (10.75*) Sha’Carri Richardson van die VSA (8 Junie 2019). Die rekord word saam met Marlies Oelsner van Oos-Duitsland se 10.88 (1 Julie 1977) op Wêreldatletiek se webtuiste aangedui.
COLOMBIË
Sestien verdedigende kampioene van die 2021 o.20-wêreldkampioenskap in Nairobi kan later vanjaar in Cali aantree.
Dié sestien is: 100: Tina Clayton (Jamaika), Letsile Tebogo (Botswana). 200: Christine Mboma (Namibië), Udodi Chudi Onwuzurike (Nigerië). 400: Imaobong Nse Uko (Nigerië). 800: Emmanuel Wanyonyi (Kenia). 1 500: Purity Chepkirui (Kenia). 5 000: Benson Kiplangat (Kenia). 3 000-hindernis: Jackline Chepkoech (Kenia). 110-hekkies: Heidi Salminen (Finland). Sewekamp: Saga Vanninen (Finland). Paalspring: Matvei Volkov (Belarus). Verspring: Erwan Konate (Frankryk). Gewigstoot: Mine de Klerk (RSA). Spiesgooi: Adriana Vilagos (Serbië). 10 000-snelstap: Heristone Wanyonyi (Kenia). – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie