• Tuisblad
  • Sport
  • Masilingi sal verbete vir plek in finaal moet veg

Masilingi sal verbete vir plek in finaal moet veg

Atletiek
Tielman van Lill
Nadat Beatrice Masilingi Dinsdagoggend kort ná drie-uur (Namibiese tyd) haar 200 meter-uitdun by die 2022 wêreldkampioenskap in Eugene, Oregon, gewen het, begin haar werklike kompetisie eers Woensdagoggend (03:05) wanneer sy in een van drie semifinale sal aantree.

Die Namibiër het in 22.27 sekondes vir haar seisoenbeste tyd voor Elaine Thompson-Herah van Jamaika (22.41) die wenpaal gehaal. Thompson-Herah se tyd in dié uitdun is van min belang, aangesien sy bloot moes sorg dat sy onder die eerste drie atlete eindig.

Die topdrie atlete van elke uitdun, asook die ses vinnigste tye besorg aan 24 vroue die voorreg om vir die 200 semifinale in die wegspringblokke te sak.

In die tweede uitdun het Masilingi, Thompson-Herah, Ida Karstoft van Denemarke (derde, 22.85) en Joella Lloyd van Antigua (vierde, 22.99) gekwalifiseer.

Uit die eerste uitdun was daar ses kwalifiseerders: 1 Shericka Jackson 22.33 (Jamaika), 2 Gabriela Anahi Suarez 22.56 (Ecuador), 3 Dalia Kaddari 22.75 (Italië), 4 Jessica-Bianca Wessolly 22.87 (Duitsland), 5 Rosemary Chukwuma 22.93 (Nigerië), 6 Edidiong Ofinome Odiong 22.98 (Bahrein).

Derde uitdun: 1 Aminatou Seyni 21.98 (Nigerië), 2 Shelly-Ann Fraser-Pryce 22.26 (JAM), 3 Vitoria Cristina Rosa 22.84 (Brasilië).

Vierde uitdun (vyf kwalifiseerders): 1 Tamara Clark 22.27 (VSA), 2 Dina Asher-Smith 22.56 (Brittanje), 3 TyNia Gaither 22.61 (Bahamas), 4 Gina Bass 22.78 (Gambië), 5 Jessica Gbai 22.89 (Ivoorkus).

Vyfde uitdun: 1 Abby Steiner 22.26 (VSA), 2 Mujinga Kambundji 22.34 (Switserland), 3 Nzubechi Grace Nwokocha 22.61 (NGR).

Sesde uitdun: 1 Favour Ofili 22.24 (NGR), 2 Jenna Prandini 22.38 (VSA), 3 Jacinta Beecher 23.22 (Australië).

SEMIFINALE

Jackson, Seyni en Prandini behoort hul semifinaal te domineer. Masilingi is in ’n baie moeilike groep geplaas. Thompson-Herah, Asher-Smith en Clark is die gunstelinge, maar Masilingi kan as buiteperd dalk met ’n vinnige tyd vir die finaal hand opsteek.

Een van Fraser-Pryce of Steiner kan hul semifinaal oorheers, met Ofili wat nie buite rekening gelaat kan word nie.

Die topvroue wat gemaklik onder 22 sekondes gehardloop het, is 1 Thompson-Herah (21.53), 2 Jackson (21.55), 3 Steiner (21.77), 4 Fraser-Pryce (21.79), 5 Asher-Smith (21.88), 6 Prandini (21.89), 7 Clark (21.92), 8 Ofili (21.96), 9 Seyni (21.98).

Die 28-jarige Jackson het in Junie by drie byeenkomste ver onder 22 gedraai met 21.55 as haar beste tyd. Steiner (22) het in Januarie met 22.58 haar seisoen geopen en in Junie by die einste Hayward Field-stadion ’n 21.77 behaal. Sy het by drie geleenthede onder 22 geëindig. Prandini (29) se beste vir 2022 is 22.01.

Clark (23) het vanjaar by een geleentheid in Junie 21.92 aangeteken. Haar gemiddeld vir 2022 is 22.48 wat tussen 22.05 en 23.04 is. Ofili (19) het April haar seisoen met ’n blitsige 21.96 geopen. Sy kon nog nie weer onder 22 hardloop nie. Haar tye vir sewe byeenkomste wissel tussen 22.04 en 22.29.

Seyni (25) se 21.98 is haar persoonlike beste tyd. Sover in 2022 het sy in nege wedlope gehardloop (22.21 – 24.51).

Thompson-Herah (30) kon nog nie vanjaar onder 22.0 hardloop nie. Haar tye wissel tussen 22.05 en 22.75.

Fraser-Pryce (35) se gemiddelde tyd vir vyf kompetisies in 2022 is 22.43, met 22.14 haar beste.

Asher-Smith (26) sukkel dalk ook om haar beste peil te bereik, want haar beste tyd in 2022 is ’n beskeie 22.27. Oor vier kompetisies behaal sy gemiddeld 22.69.

Van die vroue wat nog nie onder 22 sekondes kon draai nie, is Masilingi (22.18) die vinnigste saam met Kambundji (22.18) gevolg deur Chukwuma (22.33), 4 Odiong (22.43), 5 Nwokocha (22.44), 6 Gaither (22.45), 7 Suarez (22.56), 8 Lloyd (22.66), 9 Karstoft (22.67), 10 Rosa (22.68), 11 Beecher (22.70), 12 Kaddari (22.75), 13 Bass (22.78), 14 Gbai (22.79), en 15 Wessolly (22.87).

Tye met * gemerk is tydens die uitdunne in Eugene behaal. Die toptwee atlete in elke semifinaal, asook die twee vinnigstes uit die res sal vir die finaal aantree.

SEMIFINAAL 1:

1 Bass (persoonlike beste 22.58, seisoensbeste 22.78*)

2 Chukwuma (PB & SB 22.33)

3 Seyni (PB & SB 21.98*)

4 Prandini (PB 21.89, SB 22.01)

5 Jackson (PB & SB 21.55)

6 Kambundji (PB & SB 22.18)

7 Beecher (PB & SB 22.70)

8 Gaither (PB & SB 22.45)

SEMIFINAAL 2:

1 Odiong (PB & SB 22.43)

2 Gbai (PB & SB 22.79)

3 Clark (PB & SB 21.92)

4 Asher-Smith (PB 21.88, SB 22.27)

5 Masilingi (PB 22.18, SB 22.27*)

6 Thompson-Herah (PB 21.53, SB 22.05)

7 Rosa (PB 22.62, SB 22.68)

8 Nwokocha (PB & SB 22.44)

SEMIFINAAL 3:

1 Lloyd (PB & SB 22.66)

2 Wessolly (PB & SB 22.87*)

3 Suarez (PB & SB 22.56*)

4 Ofili (PB & SB 21.96)

5 Steiner (PB & SB 21.77)

6 Fraser-Pryce (PB 21.79, SB 22.14)

7 Karstoft (PB & SB 22.67)

8 Kaddari (PB 22.64, SB 22.75*)

Kommentaar

Varde Daniel 2 Jaar Gelede 21 July 2022

Good luck, girl. You can reach the finals!! Thumps up!

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!