Mboma sal wéér vinnig hardloop
Atletiek
Pleks van om vir internasionale medaljes mee te ding, moes sy die aksie tuis op TV volg.
Gedurende die onlangse Wêreldatletiekkampioenskap in Boedapest, Hongarye, was Namibië se liefling naelloper, Christine Mboma, noodgedwonge bykans 7 800 kilometer ver van die aksie.
Totdat Wêreldatletiek (WA) haar in 2021 verhoed het om by die Olimpiese Spele aan die 400 meter deel te neem, wou dit voorkom of niks Mboma op die atletiekbaan kon stuit nie. Sy het Afrika en die res van die wêreld se harte gesteel met ’n Olimpiese silwermedalje in die 200.
Dit was tot WA sy volgende absurde besluit in Maart vanjaar aangekondig het.
WA het besluit dat alle vroue-atlete met verskille in geslagsontwikkeling (DSD), nie teen ander vroue mag deelneem nie. Atlete wat 46 XY-chromosome het, mag eers amptelik kompeteer as hul testosteroonvlak vir ’n minimum van ses maande konstant 2.5 nanomol per liter (nmol/l) of laer was. In sekere gevalle is atlete selfs tot 24 maande ontspoor.
Atlete moet vir ses maande voor ’n kompetisie dié vereiste vlak handhaaf en dit deurgaans volhou om te mag deelneem. Dis boonop die atleet se verantwoordelikheid om haar testosteroon buite die kompetisieseisoen onder 2.5 nmol/l te hou.
Mboma en Henk Botha, haar mentor en afrigter, het sedertdien gesorg dat sy daagliks ’n estrogeentablet neem om haar testosteroonvlak te verlaag.
Botha sê: “Die probleem met die medikasie is dat ons nog nie weet of dit gaan werk en of dit Christine se testosteroon op ’n sekere vlak laer as die vereiste van WA gaan hou nie. Geen wetenskaplike inligting is hieroor beskikbaar nie.
“Die vlak sal ook nie nul wees nie, want alle vroue het natuurlike testosteroon in hul liggame. Haar testosteroon mag ook nie eens te naby aan die maksimum wees nie. Natuurlik sal sy soos klokslag getoets word sodra sy amptelik gehardloop het en dit kan wees dat die vlak te hoog is.
“Om die goue middeweg te probeer vind waar Christine se testosteroon konstant bly, is die moeilikste om te bepaal.”
Die miljoendollarvraag is, sal laer testosteroon Mboma se spoed beïnvloed? Dis welbekend dat die 20-jarige haar nie in die verlede deur terugslae laat onderkry het nie.
Haar ysere wil, natuurlike kompeterende geaardheid en talent het van haar ’n wenner gemaak.
Toe WA in 2021 enkele maande voor die Olimpiese Spele gesê het naellopers soos sy mag nie meer die 400 hardloop nie, het sy haar fokus na die 200 verskuif en die silwer in Tokio verower. Sy het dit opgevolg met die 200-titel in die Diamantliga én sy het die junior 200-wêreldrekord as 18-jarige hare gemaak.
Vroeg in 2022 het sy opnuut verstom deur die 100 meter by haar portefeulje te voeg en dit opnuut te verower.
PERSOONLIKHEID
Die skaam, teruggetrokke Mboma is nie een vir die kollig nie. As sy op die atletiekbaan onder die helder spreiligte staan waar net die eindstreep en stophorlosie saak maak, is dit die enigste kollig wat tel.
Botha sê: “Christine is baie gemotiveerd, opgewonde en positief om weer te hardloop en ek voel dieselfde. Ek het baie vertroue in Christine se talent. Omrede sy tans aan geen amptelike kompetisies mag deelneem nie, oefen ons baie hard.
“Ons het gesprekke met WA gehad en weet presies wat hul verwagting is. Christine behoort teen Maart 2024 reg te wees om die groen lig van WA te kry en dan mag sy weer amptelik kompeteer.
“Op die atletiekbaan lyk sy ongelooflik goed. Internasionaal het ons tans die grootste en beste groep vrouenaellopers in die geskiedenis, wat dit vir Christine moeilik gaan maak om ’n terugkeer te maak. Die kompetisie is straf en ongenaakbaar.
“Al is Christine volgende jaar 100 persent op haar beste, is dit nie te sê sy weer sal wen of iets vermag nie. Uit die aard van die saak is ons voorbereiding daarop gemik om die beste moontlike Christine terug op die baan te kry.
“Christine se toetsuitslae word gereeld deur ’n mediese dokter aan WA gestuur. Die effek van die estrogeen op Christine is minimaal. Ons is positief oor die toekoms. ’n Uitdaging is aan haar gerig en sy het dit aanvaar.
“Sy is geestelik en liggaamlik sterk. Die voorseisoentye wat sy opstel, is goed. Maar dit speel geen rol in haar voorbereiding nie. Eers wanneer die 2024-seisoen aanbreek, sal ons op tye ingestel wees.
EK IS OUKEI
Mboma sê sy voel ongeaffekteer deur die behandeling.
“Ek neem wel die estrogeen, maar dit het geen impak op my nie. Ek weet ek kan nog ewe vinnig as in die verlede hardloop. Ek is vol vertroue en is oukei soos ek oefen.
“Met God se genade moet ons wag en sien wat gaan gebeur. Ek sal soos altyd voorbereid wees en opnuut my beste lewer,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie