Mboma verseker span se vierde brons
Statebondspele
Die naelloper Christine Mboma het Saterdagaand in Birmingham derde in die 200 meter-finaal geëindig om haar land se vierde en laaste bronsmedalje by die 2022 Statebondspele op te raap.
Sy het Vrydagaand haar semifinal in 22.93 sekondes gewen en was Saterdagaand derde met 22.80 in die finaal. Elaine Thompson-Herah van Jamaika, reeds die 100-kampioen, verbeter Shaunae Miller-Uibo se Spelerekord van 22.09 (15 April 2018) tot 22.02, terwyl Favour Ofili van Nigerië die silwermedalje in 22.51 verwerf.
Mboma het agterna gesê: “Ek is tevrede met die brons, want ek het basies net vir een week behoorlik geoefen. Ek wou eers nie aan die Spele deelneem nie, maar het toe besluit dit sal ’n eer wees om my land te verteenwoordig en te sien hoe ek van my besering herstel het.”
In die semifinale het 1 Ofili in 22.66, 2 Natalliah Whyte (Jamaika) 23.09, 3 Gina Bass (Gambië) 23.10, 4 Mboma, 5 Ella Connolly (Australië) 23.4, 6 Thompson-Herah (Jamaika) 22.63, 7 Natassha McDonald (Kanada) 23.21 en 8 Beth Dobbin (Skotland) 23.28 vir die eindrondte gekwalifiseer.
• Frank Fredericks se 200-meter Spelerekord van 19.97 (26 Augustus 1994) is Saterdagaand deur Jereem Richards van Trinidad en Tobago tot 19.80 herskryf.
• Ananias Shikongo het verlede Woensdag sy eie Spelerekord (11.26, 15 April 2018 Australië) in die T11-klas 100 meternaelloop tot 11.12 aangeskuif. Die Paralimpiër keer ook met ’n brons huis toe.
• In die 5 000 meter-finaal het Daniel Paulus Saterdagaand die 14de plek met 13 minute 53.12 sekondes behaal, wat sy persoonlike beste tyd is.
• Jason Afrikaner verloor Vrydag sy vrystylstoeigeveg in die 65 kilogramklas met 7-0, terwyl Ivan Danny Geldenhuys met 46. vierde in sy 400 m-semifinaal eindig.
• Gister het Vera Looser vierde in die padfietsresies vir vroue met 2 uur 44 minute 46 sekondes klaargemaak – net een posisie van die podium of ’n medalje.
Looser en die top-24 jaers is in ’n bondel oor die eindstreep en het almal dieselfde tyd ontvang. Anri Krugel kon nie die resies voltooi nie.
Looser sê: “Dit was die perfekte roete vir my en daar was geen jaers wat kon wegbreek nie. Ek het geweet die bondel sal aan die einde met ’n naelresies na die eindstreep vorendag kom. Ek wou regtig graag ’n medalje wen, maar ek is toe naelskraap geklop. Ek is verheug om my resiesfietsry op ’n hoogtepunt af te sluit.”
• Tristan de Lange, Alex Miller, Drikus Coetzee, Jean-Paul Burger en Xavier Papo het Namibië gister in die uitmergelende padfietsresies oor 160 km verteenwoordig.
Miller, wat laas week die land se geskiedkundige eerste medalje in die bergfietsry by die Statebondspele beklink het (brons), was die enigste wat die volle afstand kon voltooi. In die groot peloton se klaarmaak is hy in die 47ste posisie geplaas ná 3 ure 37 minute 08 sekondes.
Altesame 45 ryers kon nie die moordende pas volhou of die resies voltooi nie.
“Ek het vanjaar nie genoeg op die padfiets meegeding om selfvertroue in my medaljekanse te hê nie. Toe die wenners wegbreek en teen daardie tempo ’n voorsprong opbou, was die kompetisie basies verby, maar dit bly die Statebondspele en jy maak klaar om so goed as moontlik te eindig,” het Miller gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie