McEnroe: Opkikker-drama skaad nie tennis, maar kommissaris is nodig
John McEnroe sê die onlangse opkikker-omstredenheid waarby topspelers betrek is, het nie tennis se reputasie geskaad nie, maar om ’n enkele kommissaris vir die sport te hê sou baie help om enige verwarring rondom soortgelyke gevalle op te klaar.
Jannik Sinner, die voorste manspeler ter wêreld, het in Maart twee dwelmtoetse gedop nadat spoorhoeveelhede van die anaboliese androgene steroïed klostebol in sy bloedmonster gevind is. Maar hy is deur ’n onafhanklike tribunaal onskuldig bevind wat sy verduideliking van onbedoelde besmetting aanvaar het.
Iga Swiatek, tweede op die wêreldranglys vir vroue, het in November ’n skorsing van een maand aanvaar ná ’n positiewe toets vir die hormoon en metaboliese modulator trimetazidien, wat volgens haar die gevolg was van besmetting van haar slaapmedikasie.
Die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap (Itia), wat die sport se program teen die gebruik van verbode middels bestuur, het gesê albei sake behels “onopsetlike oortredings van die reëls”.
“Ek dink nie dit het enige skade aangerig nie, want as jy van nader kyk, gaan dit veel erger in die ander sportsoorte,” sê McEnroe, ’n voormalige wêreldnommereen wat deesdae as uitsaaier vir ESPN werk.
“Tennis is na my mening skoner as enige ander sport. Maar dit beteken nie nou dat daar nie probleme is nie.”
Hy sê verwarring wat spruit uit die tydsberekening van die uitreiking van inligting, soos Sinner se positiewe toets by Maart se Indian Wells-toernooi wat nie bekend gemaak is tot net voordat die Amerikaanse Ope in Augustus begin het nie, vererger sake.
“Ek hou regtig nie van daardie deel nie,” sê hy.
Rennae Stubbs, ’n voormalige speler, huidige afrigter en ESPN-kommentator, sê spelers word “altyd” getoets en dat ’n kommissaris kan help om deursigtigheid te verhoog wanneer ’n positiewe toets opduik en die spelers se reputasie in die weegskaal hang.
“Ons het ’n kommissaris van tennis nodig wat eintlik namens die spelers moet praat om hulle te verdedig of nie te verdedig nie,” sê sy.
“Die slotsom is dat ons niemand het wat vir hulle praat nie.”
McEnroe sê hy het lank gepleit vir ’n kommissaris en was “gereed, gewillig en in staat” om die pos te aanvaar.
“As ek nie die kommissaris is nie, moet daar steeds ’n kommissaris wees,” sê hy.
“Dit lyk nie of dit ooit gaan gebeur nie, want mense is te besig; hierdie toernooie beskerm hul eie belange. Hulle gee om vir hulself, hulle gee nie genoeg om oor die sport nie.
“Dit is dus ’n jammerte. Maar nietemin, as dit nie ek is nie, moet dit iemand anders wees.
“Ons sal kyk of dit binne die volgende 10 jaar gebeur.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie