Medalje-oes spreek boekdele vir Stoeifederasie

Stoei
Tielman Van Lill
Die Namibiese Stoeivereniging se amateurspan het Saterdag uitstekende resultate by die Suid-Afrikaanse Kusstreekkampioenskap in Rawsonville gelewer.

Die Namibiërs in die vrystyl het vyf goue medaljes, twee silwer en sewe bronsmedaljes teen stoeiers van die Boland, Oos-Kaap en Westelike Provinsie verower. Boonop is drie vierde plekke behaal.

Dit is geen geringe prestasie nie, want Namibië eindig algeheel tweede in die kampioenskap. Die Namibiërs het slegs een goue medalje gekort om die kompetisie algeheel te wen.

Die stoeiers is van drie stoeiklubs versamel, naamlik Roots Gimnasium by Stampriet, After School-stoeiklub in Katutura asook die Windhoek-stoeiklub.

Die voorste uitslae:

Goud: Pieter Uys (80 tot 95 kilogram), Cliff Nguatjiti (50-55 kg), Lazarus Haimbodi (55-60 kg), Teo Seveleni (46-50 kg) en Charlo Dreyer (42-46 kg).

Silwer: Harold Erasmus (15-24 kg) en Paulus Alweendo (42-46 kg).

Brons: Berndt Kriessbach (72-80 kg), Granville Swartz (27-30 kg), Caleb Grimbeeck (15-24 kg), Friedrich Simon (36-39 kg), Charl van der Merwe (24-27 kg), Henrico Durand (39-42 kg) en Dian Kotze (30-33 kg).

Vierde: Lukas Salom (55-60 kg), Emil Gresse (33-36 kg) en Dian Delport (60-66 kg).

Die span was deur Charl van der Merwe, Luis Paz en Sem Shilimela (afrigters), Stephan le Roux (spanbestuurder) en Lafras Uys (tegnies) vergesel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!