Giano Alcock en Delano Müller.
Giano Alcock en Delano Müller.

Medaljes vir Delano en Giano

Jiu Jitsu
Andrew Poolman
Die Namibiese vegters Delano Müller en Giano Alcock het gesamentlik met drie silwermedaljes teruggekeer van die Abu Dhabi jiu-jitsu-kampioenskap (deel van die internasionale AJP Toer) die afgelope Saterdag by die Witwatersrand Universiteit in Johannesburg (https://ajptour.com).

Deelnemers in Brasiliaanse jiu-jitsu neem in onderskeie kompetisies bekend as Gi of No-Gi deel. Eersgenoemde word in die tradisionele uniform van die sport beslis, teenoor No-Gi waarin deelnemers bloot ’n T-hemp en kortbroek dra. Beduidende verskille gaan hiermee gepaard in die grepe wat moontlik uitgevoer kan word en die gevolglike tegnieke en taktiek.

Die Sylvio Behring Namibiese nasionale jiu-jitsuspan is deur die 18-jarige Delano Müller en 16-jarige Giano Alcock verteenwoordig.

Müller (pers gordel / professionele afdeling / 69 kg gewigsklas) het in beide No-Gi en Gi die silwermedaljes verower.

Alcock (blou gordel) se silwermedalje was in die Gi mans jeugafdeling (65 kg klas).

Die kampioenskap is baie professioneel gereël en by ’n geskikte venue aangebied, met deelname van nege lande, sê Anita de Klerk, die president van die Namibiese Skopboksfederasie (NKF).

“Die kompetisie was baie gedissiplineerd en in goeie gees tussen die internasionale spanne.

“Ons streef daarna om ons Namibiese sport ook tot hierdie internasionale vlak te ontwikkel. Ons moedig die publiek aan om jiu-jitsu by hul naaste dojo (klub) deur te kyk en betrokke te raak.”

Brasiliaanse jiu-jitsu (BJJ) is gegrond op die gedagte dat ’n kleiner, liggaamlik swakker persoon in staat is om hom of haar teen ’n groter, sterker, swaarder opponent te verdedig. Hefboomwerking en spesifiek die tegnieke om die geveg grond toe te neem en grepe aan die gewrigte of wurggrepe in te span, maak so ’n ommekeer moontlik.

Oefening en opleiding (in die spreektaal, “Kom ons rol bietjie) word gebruik met die oog op sporttoernooie of in situasies van selfverdediging.

BJJ is benewens ’n gevegsport ook ’n hulpmiddel om fisieke fiksheid, karakter en ’n gesonde leefstyl te ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!