• Tuisblad
  • Sport
  • Medegasheer vir WB, maar Eagles het lang pad na kwalifikasie

Medegasheer vir WB, maar Eagles het lang pad na kwalifikasie

Eendagkrieket
Tielman Van Lill
Die tweede weergawe van die Internasionale Krieketraad (ICC) se Wêreldbeker Liga 2-reeks begin binnekort en strek van 2023 tot 2027.

Dié vierjaarsiklus vorm deel van die kwalifiseringsproses vir die volgende Wêreldbeker vir eendagkrieket, wat in Oktober en November 2027 in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe aangebied sal word.

Vanweë die afskaffing van die Superliga, is die Wêreldbeker Liga 2-reeks van sewe tot agt lande vergroot.

Die eerste weergawe van die CWCL2 het van 14 Augustus 2019 tot 16 Maart 2023 gestrek. Honderd-en-veertig wedstryde is in mini-toernooie van drie spanne op ’n slag gespeel en ná 36 wedstryde elk het Skotland (50 punte) as wenner uit die stryd getree. Oman was tweede (44), Nepal derde (40), Namibië vierde (39), die VSA vyfde (35), die Verenigde Arabiese Emirate sesde (33) en Papoea-Nieu-Guinee (11) laaste.

PNG is na die Uitdaagreeks gerelegeer, terwyl Kanada bevordering na die CWCL2-vlak verkry het. Hoewel Skotland die kompetisie gewen het, bly hulle in dié kompetisie weens die afskaffing van die Superliga. Nederland, wat uit die Superliga gerelegeer is, sluit hom ook by die CWCL2-spanne aan.

Kanada, Namibië, Nederland, Nepal, Oman, Skotland, die VAE en die VSA sal oor die volgende vier jaar sake in die CWCL2 sake met 42 internasionale eendagwedstryde elk uitspook.

NIE OUTOMATIES

As medegashere vir die 2027 Wêreldbeker ontvang Suid-Afrika en Zimbabwe outomaties deelname, saam met die topagt spanne op die ICC-wêreldranglys in 2027.

Namibië is nie ’n volle lid van die ICC nie en is dus nie ’n plek by die 2027 Wêreldbeker gewaarborg nie. Namibië is wel ’n ICC-assosiaatlidland en sal sy merk in die CWCL2 moet maak om vir die 2027-weergawe te kwalifiseer.

Die oorblywende vier plekke vir die 2027 Wêreldbeker sal in kwalifiseringsrondes bepaal word.

Skotland het wel die 2019-2023 CWCL2-reeks gewen, maar hul hoop vir die 2023 Eendagwêreldbeker is in Junie en Julie in Zimbabwe tydens die bepalende laaste kwalifiseringsronde deur Nederland ontspoor.

Sri Lanka het Nederland in die finaal in Zimbabwe geklop. Selfs Wes-Indië het sy moses in Zimbabwe teëgekom, terwyl die gasheerspan ná ’n goeie begin ook uitgeskakel is.

Slegs tien lande sal in Indië in aksie wees. Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika sal mekaar van 5 Oktober tot 12 November in die rondomtalieronde die stryd aansê. Elke land sal een keer teen elke ander opponent op die veld stap.

Die eerste semifinaal word op 15 November by die Wankhede-stadion in Mumbai gespeel en die tweede die volgende dag by Eden Gardens in Kolkata. Die eindstryd vind op 19 November by die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad plaas.

’n Lang, opwindende en uitdagende reis lê vir die Richelieu Eagles voor. Zimbabwe stuur juis binnekort ’n toerspan na Namibië om teen die Eagles te speel. Dié wedstryde word gebruik om Namibië vir sy eerste treë vir die CWCL2-reeks te slyp.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!