Die NSSU se o.18 meisieshokkietoerspan wat in die Paarl meegeding het. Foto verskaf
Die NSSU se o.18 meisieshokkietoerspan wat in die Paarl meegeding het. Foto verskaf

Meisies eindig sterk in die Paarl

Hokkie
Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se o.18 meisieshokkiespan het in die vyfde posisie geëindig by Suid-Afrika se suidelike provinsiale toernooi in die Paarl.

Die Namibiërs het met 2-0 teen Boland verloor (speler van die wedstryd Leigh-Marie Visser) en wen met 2-1 teen Noord-Kaap Platteland (speler van die wedstryd Natalie Suardi).

Hierna verloor hulle die volgende drie – teen WP-Noord (3-0), teen WP-Suid (6-0) en teen Amathole Binneland (1-0).

Die afrigter Maryke Short sê: “Dit was ’n goeie toer en ek dink dit was belangrik om ons meisies die kans te gee om die vlak van hokkie in Suid-Afrika te beleef. Ons span het goed gevaar met die kort tyd wat ons saam gehad het. Ek dink dis belangrik om te besef dat ons skolehokkie ’n baie belangrike rol speel en dat meer vir die spelers gebied behoort te word. Hokkie groei, maar ons kort meer ontwikkelingsprogramme oor die hele Namibië heen.

“Ek is regtig trots op die span wat ek gehad het; in elke wedstryd het hulle geveg en hard gewerk. Aan elke persoon en besigheid wat geborg het, maak nie saak hoe klein of groot nie, dit het ’n verskil gemaak en ons waardeer dit opreg.

“Volgende jaar sal ons NSSU-span teruggaan met meer kennis en meer ondervinding.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!