Meisiespan hoopvol na Detroit

Sokker vir gestremdes
Brian Munango
Die Spesiale Olimpiese beweging in Namibië (SON) se vrouesokkerspan vertrek dié week na die Amerikaanse stad Detroit om aan die Unified Football-kampioenskap deel te neem.

Detroit sal meer as 300 sokkerspelers van meer as 20 nasies verwelkom in ’n skouspel vir sport vir verstandelik gestremdes, wat komende Sondag afskop en tot 6 Augustus duur.

Die Unified-toernooi is uniek deurdat dit inklusief is vir spelers met én sonder intellektuele gestremdhede.

Die afrigter Eliaser Amuthitu is opgewonde oor die span se vooruitsigte.

“Ons voorbereiding het goed afgeloop; nou wag ons net vir die kans om ons talent op die sokkerveld uit te leef. Die meisies is gereed.

“Dit is werklik ’n eer dat ons erken word en dat die Spesiale Olimpiese beweging in ons land geag word. Kinders met gestremdhede is nie onkapabel nie.”

Die meisies se medekaptein Hikuafelua Fololian, sê die groep het verwagtinge om goed te vaar in die toernooi.

“Namens myself en my spanmaats bedank ek graag ons tegniese bestuur wat ons baie goed voorberei het. Van ons kant kan ons net sê, ons voel gereed om die wentrofee huis toe te bring.”

Die Namibiërs is in groep B geplaas saam met die spanne van Guatemala, die Karibiese streek en Slowakye. Die groep bestaan uit elf spelers en ses beamptes.

Emily Nzunzi, die nasionale direkteur van SON, sê: “Vir hierdie sokkerspan is dit ’n voorreg om die weg te baan vir die spanne wat volgende jaar na Duitsland toer om in basketbal, atletiek en fietsry te gaan meeding. Ons wil Namibië op alle gebiede trots maak.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!