Merietelys vir 2022 eindig só

Gholf
Die toptien spelers word van inskrywingskoste vir Nagu-toernooie vrygestel en kom in aanmerking vir keuring in die nasionale span.
Andrew Poolman
Die 28-jarige Stephanus Bonifatius van die Rössmund-klub het die kalenderjaar 2022 boaan die Namibiese Amateurgholfunie (Nagu) se merietelys afgesluit.

Die merietelys beloon spelers wat aktief aan toernooie oraloor die land deelneem en bestendigheid en aanpasbaarheid ten toon stel, verduidelik mnr. George Vink, wat die lys namens Nagu saamgestel het.

Breedweg word die erkende jaarlikse Nagu-toernooie in drie afdelings verdeel – Sentraal, Kus en Streke. Elke speler se twee beste vertonings in kompetisies in elk van die drié afdelings word in ag geneem.

So byvoorbeeld het die 18-jarige Todd Parker (Omeya-klub) vanjaar deurgebreek en met oorwinnings in die Gold Cup en Windhoek Ope op die voorgrond getree, terwyl nog ’n junior, Kyle Johnson (Tsumeb), ook van hom laat kennis neem het deur van die toernooiwenners hard te druk voordat hy uiteindelik tweede klaargemaak het.

Parker (19de op die lys) en Johnson (20ste) het egter onderskeidelik net in twee en drie van die moontlike 13 toernooie in die kalenderjaar gespeel. Beide het egter gewys dat hulle in 2023 met ’n meer aktiewe program sterk uitdagers vir die voorlopers sal wees.

Die wenner van laas jaar se FNB Namibiese Ope, Likius Nande, het die jaar in die agtste plek op die merietelys afgesluit, ná net drie deelnames. Bonifatius het hierteenoor verskynings in agt toernooie gemaak.

“Die toptien spelers op die merietelys word beloon deurdat hulle van die inskrywingsfooi vir Nagu-toernooie vrygeskeld word. Die merietelys word ook gebruik vir die keuring van Namibiese nasionale spanne vir toernooie in die buiteland,” verduidelik Vink.

Die toptien op die merietelys (met elke speler se totaal van sy top-6 tellings)

1 Stephanus Bonifacius (Rössmund) 264 / houegemiddeld 76.83.

2 Edwin Kutara (Grootfontein) 241 / houegemiddeld 74.75.

3 Kevin Wentzel (Walvisbaai) 238 / houegemiddeld 79.50.

4 Walter Heibeb (Tsumeb) 236 / houegemiddeld 76.16.

5 Paulus Shimoshili (Grootfontein) 195 / houegemiddeld 77.91.

6 Jackson Kawaya (Tsumeb) 161 / houegemiddeld 75.0.

7 Elias Mulombwelwa (Windhoek Buiteklub) 158 / houegemiddeld 80.0.

8 Likius Nande (Windhoek Buiteklub) 141 / houegemiddeld 76.0.

9 Grant Mather (Walvisbaai) 136 / houegemiddeld 70.5.

10 McPaul Ndeilenge (Grootfontein) 126 / houegemiddeld 78.66.

• Die jaarlikse toernooie wat vir die 2022 Nagu-merietelys getel het:

Sentraal-afdeling: Namibiese Ope, Sentraal Ope, Windhoek Ope, Omeya Ope, Gold Cup.

Kus-afdeling: Walvisbaai Ope, Swakopmund Ope, Kus Ope, Rössmund Ope.

Streekafdeling: Sperrgebiet Ope, Gobabis ope, Tsumeb Ope, Mariental Ope, Keetmanshoop Ope (nie in 2022 aangebied).

DESERT CLASSIC

Die 48-jarige Kevin Wentzel en sy seun Jordan het die wentrofee omhoog gelig by die Nedbank Desert Classic, wat op 28 en 29 Desember by die Rössmund-gholfbaan by Swakopmund gespeel is.

Die Nedbank Desert Classic wat as “Namibië se Major” gedoop is, het weereens die grootste veld van altesame 144 spelers oor twee dae gelok.

In die formaat van beterbal stableford (met “scrambled drive”) het die twee Wentzels hul twee rondes met 96 punte afgesluit, om die titel net-net voor Andrew van Schalkwyk en Org van Rensburg (95) weg te raap.

Die res van die topvyf kombinasies was Chris van Lill en Douw van Wyk (91, uittel), Hans Naobeb en Rudi Auseb (91), asook Antonie van Wyk en Gerrit Viviers (90).

Benewens die titelborg was Hollard Namibia ook ’n medeborg, in samewerking met Checkers en Namibia Breweries Limited.

Die toernooikoördineerder, Dan Zwiebel van DZ Golf, bedank graag alle spelers asook borge vir hul ondersteuning. Hy sê die beplanning vir die 2023-weergawe het reeds begin om seker te maak dat die toernooi groei van krag tot krag.

BUITEKLUB

Die Windhoek Golf & Country Club het op die eerste naweek van 2023 ’n individuele stableford klubkompetisie aangebied met DStv as borg.

Altesame 56 spelers het die kompetisie ondersteun.

Die toptien spelers was soos volg: 1 Devin van Rooyen (46), 2 Fergusson Paulse (40), 3 Paul Adkins (39), 4 Stefan Bergh (38), 5 Evelyn Paulino (36, uittel), 6 Bertus Damon (36), 7 Milton Eiseb (36), 8 Mervin Nangolo (36), 9 Andrew Dodds (35, uittel), 10 Bonifatius Paulino (35).

Komende naweek bied die Buiteklub weer ’n klubkompetisie aan (Kaptein teen Onderkaptein).

Kommentaar

Republikein 2024-10-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Bournemouth 3 vs 1 Southampton | Manchester United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Ipswich Town 2 vs 2 Aston Villa | Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 1 Las Palmas | Atletico Madrid 1 vs 1 Real Madrid | Real Betis 1 vs 0 Espanyol | Athletic Club 1 vs 1 Sevilla | Celta Vigo 1 vs 1 Girona | Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves SerieA: Parma 2 vs 3 Cagliari | Napoli 2 vs 0 Monza | Empoli 0 vs 0 Fiorentina | AS Roma 2 vs 1 Venezia | Como 3 vs 2 Hellas Verona | Torino 2 vs 3 SS Lazio | Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan European Championships Qualifying: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers English Championship: Swansea City 1 vs 1 Bristol City | Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers #N/A Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.39 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.22 | USD to AOA 951.56 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.18 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1600.53 | USD to ZAR 17.39 | USD to ZMW 26.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1898.19 Down -1.16% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14372.84 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31587.04 Up +0.41% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 662.03/OZ UP +1.00% | Copper US$ 4.56/lb UP +0.76% | Zinc US$ 3 158.60/T UP 2.31% | Brent Crude Oil US$ 75.33/BBP UP +3.76% | Platinum US$ 990.32/OZ UP +1.07% #N/A