Met of sonder bestes bly spook elke klub in wedloop
Klubrugby
Die voorlopers en die gevaarlike buiteperde takel mekaar opnuut môre in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga, vir die aanvang van die tweede rondte van die kompetisie.
Die afwesigheid van die Namibiese groep in Frankryk, asook beserings, is faktore wat sommige klubs meer as ander sal beïnvloed.
By die Hage Geingob-stadion sal FNB Western Suburbs (vierde, 21 punte) as die tuisspan teen die voormalige titelhouer FNB Universiteit van Namibië (derde, 27 punte) opdraf.
Die studenteklub het ’n string van vyf spelers in Frankryk, terwyl Lesley Klim (senter) by die nasionale oefenkamp ’n besering opgedoen het en Peter Diergaardt (flank) ook steeds op die krukkelys is. Die enigste speler vir wie afrigter David Philander darem uit die Stellenbosch-kamp terugkry, is die agtsteman Oderich Mouton.
Hierteenoor is Suburbs steeds net sonder Chemigan Beukes as sy sy enigste verteenwoordiger in Frankryk. Sonder dié stut het die Khomasdallers laas naweek immers die eerste span dié seisoen geword wat die FNB Kudus as die voorloper (nou tweede) met 36-26 ’n nederlaag kon toedien. Beide spanne het ’n bonuspunt vir drieë bygevoeg.
Western Suburbs het as gasheerklub ’n spesiale tema vir die geleentheid, naamlik bewusmaking van kanker en geldinsameling ter ondersteuning van gesinne wat met die siekte saamleef.
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) sal minstens N$750 ontvang vir elke drie wat tydens die premierligawedstryd gedruk word, te danke aan die beloftes van N$250 per drie elk deur Anoniem, Suburbs en Unam.
Verteenwoordigers van CAN sal ook inligting oor byvoorbeeld borskanker deel. Toeskouers word aangemoedig om hulself pienk te laat sproeiverf ten bate van die tema.
Danksy die borg PstBet sal die twee eerstespanne ook om die Pink Ribbon Challenge-trofee meeding.
Toegang beloop N$30 per persoon. Vanaf 13:00 speel die twee eersteligaklubs NUST en Okahandja Bulldogs teen mekaar, gevolg deur die reserweligawedstryd (tweede spanne van Suburbs vs Unam) en die hoofwedstryd om 15:45.
Network TV bring laasgenoemde twee wedstryde regstreeks aan kykers (DStv kanaal 285), of by oneuptwo.com, of die YouTube-kanaal van Namibia Media Holdings.
OP REHOBOTH
FNB Rehoboth se Rooi Bulle wag hul kans af vir hul tuiswedstryd teen FNB Kudus.
Die Walvisbaaiers (tweede, 29 punte) is gekwes ná hul eerste nederlaag die afgelope naweek, terwyl hul twee invloedryke spelers terug vanaf die nasionale kamp, die flanke Joshua Jacobs en kaptein Cameron Langenhoven, steeds ’n blaaskans vat.
Rehoboth (vyfde, 21) het geen nasionale spelers nie en hul stertvere is in die lug ná ’n oorwinning teen hul buurklub Reho Falcon.
Rehoboth se administrateur Marschell Diergaardt sê: “Elmarco Beukes is ons nuwe aanwins vanaf Wanderers. Hy sal van die bank af speel.
“Carl-William Freygang vervang Grant Cloete (werk) en Miquel Busch vervang Gurthley Beukes wat bank toe skuif. Hillian Beukes vervang Diego Loubser wat nie beskikbaar is nie.
“Ons verwag ’n klipharde wedstryd. Ons het respek vir Kudus se spel vanjaar en foute sal dus beperk moet word. Ons glo ook Kudus sal hul verloor teen Suburbs op ons wil uithaal.
“Keathan Freygang sukkel nog met ’n boudspier en ons mis sy gevaarlike inklimspel en vernietigende duikslae die afgelope naweke. Ons is op dreef en dink ons sal ons momentum van die afgelope naweke behou. Ons het moeilike wedstryde teen United, Grootfontein, Western Suburbs en Reho Falcon gewen. Die manne se koppe is reg vir Kudus.”
FNB REHOBOTH: 15 Brandon Dentlinger, 14 Delano Vries, 13 Nando Dentlinger, 12 Hillian Beukes, 11 Jeandre Loubser, 10 Geraldo Beukes, 9 Miquel Busch, 8 Johann Wohler, 7 Chase Diergaardt, 6 Chester Diergaardt, 5 James Kisting, 4 Boris Majiedt, 3 Carl-William Freygang, 2 Delano Coetzee, 1 Kevin Cloete (kapt).
Reserwes: Shadillo Zaal, NOG Een, Dwight Olivier, Diluent Daries, Gurthley Beukes, Casey Beukes, Elmarco Beukes.
FNB KUDUS: 15 Lloyd Jacobs, 14 Aston Mukwiilongo, 13 Justin Newman, 12 Darren Beukes, 11 Paolo Andrews, 10 Aurelio Plato, 9 Rayton Paulse, 8 Lezardo Vos, 7 Gregory Namaseb, 6 Zwandre Viviers, 5 Codey Naholo, 4 Shaun White (kaptein), 3 Anthony Hoebeb, 2 Jarren Koning, 1 Lorenzo Calaca. Reserwes: Henning Joubert, Clayton Camm, Fernando Wohler, Michael Hummel, Percy Nash, PJ Walters, Zane Williams.
BY UNITED
Afrigter Robbie Dickson se Trustco United was bitter ongelukkig om laas naweek die wenpunte in hul derby teen FNB Wanderers uit hul greep te laat glip. Die Filistyne was rustyd met 21-5 voor en selfs nadat Wanderers teruggeveg het tot hul wentelling van 28-27 het Chris Arries met die laaste beweging ’n maklike skopkans verbrou.
Hul besoekers môre, FNB Grootfontein, sal hard moet werk om hul verlore momentum te herwin. Met vyf opeenvolgende nederlae ná hul aanvanklike twee oorwinnings, het die noordespan teruggesak tot die sesde posisie (13 punte) en kan dus selfs wéér verbygesteek word ondanks die sukkelseisoen van United (sewende, 7 punte).
United is steeds net sonder sy jong nasionale stut Jano Otto.
Grootfontein se slot Johan Luttig en die haker en kaptein Wikus Jacobs het groot waarde geput uit hul eerste nasionale oefenkamp. Tog het die naweek se reisigers dit steeds nie maklik sonder invloedryke voorspelers soos Meraere Kaapama, Nelius Theron, Pieter-Daan Kok en Pieter du Plessis (almal beseer) nie.
FNB GROOTFONTEIN: 15 Luis Talaya, 14 Nolan Mostert, 13 Buxa Geiseb, 12 Louis Grobbelaar, 11 Ian Malan, 10 Dion Venter, 9 Christopher Deck, 8 Amutenya Amutenya, 7 Allie Emamdien, 6 Hendrik van Zyl, 5 Oliver Mouton, 4 Johan Luttig, 3 Riaan Potgieter, 2 Wikus Jacobs (kaptein), 1 Zak Oosthuizen. Reserwes: Maurihungirire Kazepurua, WJ Otto, Morné Malan, james Hinga, Sergio Diniz, Siegfried Potgieter.
OP REHOBOTH
FNB Wanderers is wel met ’n haarbreedte nog boaan die puntelys (30 punte) terwyl Reho Falcon net een punt ná sewe wedstryde kan wys.
Nogtans sal die Windhoekers bewus wees dat hulle verlede seisoen op Dr. Lemmer se skoolveld vasgeval het.
Rohan Kitshoff, afrigter van Wanderers, verwelkom losskakel André van der Berg, flank Thomasau Forbes en stut Herschell van Wyk terug van die nasionale kamp, terwyl die spoedvraat Warren Ludwig op die krukkelys is.
Hul nuwe senterkombinasie wat aanvanklik teen Unam so belowend begin het, is deur Louis Meyer se harsingskudding en Patrick Karsten se enkelbesering van stryk gebring. In hul plek het Bernie Hugo en Keanan van Wyk hul kant gebring teen United.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie