• Tuisblad
  • Sport
  • Meuwesen, Viviers oorgehaal om titels te verdedig

Meuwesen, Viviers oorgehaal om titels te verdedig

Boogskiet
Tielman van Lill
’n Span skutters van die Namibiese Boogskietvereniging het Woensdag na Thabazimbi in Suid-Afrika se Limpopo-provinsie vertrek om aan die Afrika-streekskampioenskap in veldboogskiet (ARFAC) by die Koos Cronjé-skietbaan deel te neem.

Die kompetisie wat vanaf vandag tot Maandag 2 Mei duur, is die eerste van sy soort vandat Zambië in 2019 die laaste ARFAC-byeenkoms aangebied het.

Die lande wat in totaal met ongeveer 120 skutters aan 23 kategorië sal deelneem, is Zambië, Suid-Afrika, Botswana en Namibië. In 2019 het Namibië se skutters besonder goed gevaar en vanjaar behoort geen uitsondering te wees nie.

Beanta Viviers, René Rossler, Jannie Meuwesen, Piet Zondagh en Anton Zietsman het Namibië se vlag hoog in 2019 laat wapper. Viviers met 1 545 punte het Karen Steyn van Zambië om die eerste posisie geklop, terwyl Rossler (1 624) net-net die eerste plek aan Kobus Barnard (1 630) van die RSA afgestaan het.

Meuwesen, met 1 634, klop Theuns Erasmus (1 631) van die RSA vir die kampioenskapstitel en Zietsman teken 1 600 teen Riccardo Monge (1 606) van Zambië vir sy silwermedalje aan.

Die Namibiese spanlede vir die naweek is Beanta Viviers, Jacqueline Coetzee, Liezl Schoeman, Nanda Schoeman, Hofmeyr van Blerk, Jannie Meuwesen en René Rossler.

“Die Namibiese Boogskietvereniging bedank graag vir Build It Oshana, Namib Roos Transport, Obie Logistics, Namibia Clearing Agents, Shoprite, Interpack en Fossil Fuel Services vir hul skenkings en borgskappe.

“Sonder jul vrygewigheid sou sommige van ons boogskutters nie aan ARFAC 2022 kon deelneem nie. Ons wens ons boogskutters alle sterkte toe vir hierdie kompetisie.”

Met goeie prestasies by dié kampioenskap kan die Namibiërs vir die wêreldkampioenskap van die Internasionale Veldboogskietvereniging (IFAA) kwalifiseer wat van 5 tot 13 Augustus in Tahkuranna, Estland, aangebied word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!