Vera Looser en Alex Miller is terug ná hul 2022-sukses en sal moeilik gekeer word. Foto Andrew Poolman
Vera Looser en Alex Miller is terug ná hul 2022-sukses en sal moeilik gekeer word. Foto Andrew Poolman

Miller en Looser jaag vir hul titels

Bergfietsry
Andrew Poolman
Vera Looser en Alex Miller, beide ryers van Olimpiese gehalte, word môreoggend by die wegspringstreep verwag as die verdedigende kampioene in die Nedbank nasionale marathon-bergfietskampioenskap.

Die nasionale kampioenskap keer terug na sy gebruiklike tuiste, Farm Windhoek (IJG Trial) in Kleine Kuppe, ná verlede jaar se gewilde aanbieding by Farm Otjompaue, ’n private wildplaas wes van Windhoek.

Looser (29) is vier weke gelede as Namibië se Sportvrou van die Jaar bekroon, ná ’n vorige keer in 2014. ’n Uitmuntende seisoen vir haar het ’n terugslag opgelewer toe sy by die onlangse Wines to Whales skofresies in die Wes-Kaap geval en haar hand gebreek het.

Dokters het haar egter die groen lig gegee en sy sien daarna uit om weer haar fiksheidsvlak terug na die gewenste valkke te bring, het sy op sosiale media verklaar.

Miller is ook reeds in Windhoek. Hy het verlede jaar die nasionale trui as marathon-kampioen ná 60 km en twee-en-’n-half ure by Otjompaue naelskraap gewen met ’n veeleisende lang resies na die eindstreep teen die ewe vasberade Tristan de Lange. Derde was Ingram Cuff.

Looser se oorwinning verlede jaar is teen Anri Krugel en Courtney Liebenberg behaal, nadat Krugel in geen stadium baie ver agter Looser was nie.

Monique du Plessis, wat afwesig sal wees om ’n UCI-oefenkamp in die Wes-Kaap by te woon, was laas jaar vierde voor Nicola Fester en Melissa Hinz.

• Meer besonderhede oor die byeenkoms op bl. 9.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!