Miller jaag puik vir medalje in Birmingham
Statebondspele
Die 21-jarige Alex Miller het gister Namibië se tweede bronsmedalje by die Cannock Chase-baan in Birmingham tydens die finaal van die bergfietswedren oor agt rondes by die Statebondspele verower.
Ná Helalia Johannes se bronsmedalje in die vrouemarathon laas naweek en met die naelloper Christine Mboma se aanslag op die 200 meter wat vandag begin, is ’n skaflike eindposisie vir die klein Namibiese spannetjie op die Spele se finale medaljeplasing dalk nie uitgesluit nie – ondanks die twee boksers se uitskakeling gister.
Hoewel Miller lank op sy eie in die sesde en later vyfde posisie gejaag het, het hy sy eindpoging uitstekend beoordeel om die agterstand uit te wis.
Miller het gesê: “’n Bronsmedalje vir my, dit is fantasties! Ek sukkel nog om dit te glo. Ek het geweet dis moontlik, maar om dit te behaal, is absoluut ongelooflik.
“Ek het geweet dit gaan ’n lang resies wees en het doelbewus my energie gespaar. Ek het geweet ek sal aan die einde sterker kan deurkom en het toe die tempo versnel in die hoop om die voorlopers aan die einde van die resies te vang.”
Ná sy 31ste posisie by verlede jaar se Olimpiese Spele in Tokio sal gister se uitslag die jong plaasseun van Helmeringhausen in die verre suide van Namibië nog hoër prominensie as tevore in die fietsrywêreld verleen.
Sy landgenote Hugo Hahn en Xavier Papo het ook enduit bly veg vir hul 13de en 17de posisies uit 26 ryers wat weggespring het.
Die 20-jarige Hahn het agterna gesê: “Eerstens, dit was ongelooflik. Die atmosfeer en toeskouers was fantasties. Die mense het die ryers so hard aangemoedig dat ek deur die rotstuin nie eens enige geluid van my fietswiele kon hoor nie.
“Ek het nie besonder goed gevoel nie en dit was beslis nie my beste dag op ’n fiets nie, maar ek het baie geleer in my eerste wedren op ’n Spele-vlak. Die resies was baie hard en die spoed hoog. Ek was bietjie senuweeagtig, maar het dit onder beheer gehou. Ek het bly glo in my kanse en het deurgedruk ongeag hoe ek gevoel het.
“In dié tipe wedrenne moet jy jou eie resies ry en nie onder druk wees nie.
“Ek sal oor ongeveer drie weke aan die wêreldkampioenskap in Les Gets, Frankryk deelneem. Ek wil graag ná al my siektes en beserings net weer graag op dieselfde peil as vroeër vanjaar kom.”
Bergfietsry-mansfinaal: Goud Samuel Gaze (Nieu-Seeland, 1:34:19), silwer Ben Oliver (Nieu-Seeland, 1:34:50), brons Alex Miller (1:36:20).
BOKS, ATLETIEK
Die veergewigbokser Tryagain Ndevelo moes ongelukkig die knie in al drie rondes teen Hussam Uddin Mohammed van Indië in die kwarteindronde buig.
Dieselfde lot het die ligweltergewig, Jonas Junias, getref toe Reece Lynch van Skotland hom in al drie rondes oorskadu het. Nadat Junias by Glasgow 2014 en Gouekus 2018 onderskeidelik met ’n silwer en goud geëindig het, het Lynch reeds die eerste twee rondes ingepalm en het hom dus in die derde ronde begin uittart deur sy handskoene laag te laat sak en sy tong uit te steek.
Beide Namibiërs se pad na ’n sekere medalje is dus gestuit. In gevegsport kry selfs die verslane semifinaliste ’n bronsmedalje, sonder ’n geveg vir die derde posisie.
• In die 400 meter uitdunne het net Ivan Danny Geldenhuys vir die semifinale met ’n derde plek gekwalifiseer.
Mahmad Bock en André Retief sal teleurgesteld in hul vertonings wees. Retief se aanslag op die 400 meter hekkies het ook die vorige aand in die uitdun gesneuwel toe hy by die laaste hekkie verbygesteek is en vierde oor die eindstreep is.
• In die Para-naellope het Ananias Shikongo tweede in sy 100 meter-uitdun geëindig en sal vanaand vir die T11/12-finaal aantree.
• Die Walvisbaaier Cabous Olivier is goed op dreef met sy enkelspelrolbal-aanslag. Hy het gister beide sy botsings met gemak in die tweede en derde ronde beklink. Semesa Naiseruvati van Fidji het wel hardnekkig vasgeskop, maar die Namibiër het kop gehou en Naiseruvati met 21-15 gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Olivier wen sy vorige wedstryd met 21-9 teen Robert Simpson van Jamaika. Die Namibiër sal vandag in groep A of B opnuut die groot onewewigtige albasters in die regte rigting stuur.
• Sommige van gister se uitslae:
Atletiek (400 meter-semifinale) Uitdun 1: 1 Anthony Cox van Jamaika 45.51, 2 Steven Solomon van Australië 45.98 (K), 3 Ivan Danny Geldenhuys 46.51 s (K).
Uitdun 2: 1 Nathon Allen van Jamaika 45.18 (K), 2 Leungo Scotch van Botswana 45.75 (K), 3 Asa Guevara van Trinidad en Tobago 45.98 (K), 4 Mahmad Bock 46.71.
Uitdun 7: 1 Jonathan Jones van Barbados 46.39 (K), 2 Anthony Pesela van Botswana 46.55 (K), 3 Kennedy Luchembe van Zambië 46.74 (K), 4 André Retief 46.95.
• Para-atletiek (T11 & T12 100 m-uitdunne) Uitdun 1: 1 Ndodomzi Ntutu van Suid-Afrika 10.89 (K), 2 Ananias Shikongo tweede in 11.12 s (K). 3 Muhamad Afiq Mohamad Ali Hanafiah van Maleisië 11.29 (K).
Uitdun 2: 1 Zachary Alexander Shaw van Engeland 11.01 (K), 2 Jaco Smit van Suid-Afrika 11.32, 3 Guillaume Junior Atangana van Kameroen 11.46.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie