• Tuisblad
  • Sport
  • Min dae voor 2023-spanne na RSA aangekondig word
Die groep onder 18-rugbyspelers wie se name by die onlangse proewe as deel van die voorlopige oefengroep uitgelees is. Voor sit mnre. Fernold Bock (agterlynafrigter), Herman Grobler (hoofafrigter) en JT Basson (voorspelers). Foto Gert de Waal
Die groep onder 18-rugbyspelers wie se name by die onlangse proewe as deel van die voorlopige oefengroep uitgelees is. Voor sit mnre. Fernold Bock (agterlynafrigter), Herman Grobler (hoofafrigter) en JT Basson (voorspelers). Foto Gert de Waal

Min dae voor 2023-spanne na RSA aangekondig word

Skolerugby
Vanjaar se onder 16 Grant Khomo-week is by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch en die o.18 Akademieweek is by Jeppe Boys High School in Johannesburg.
Andrew Poolman
Die Namibiese Hoërskolerugbyvereniging (NSSR) maak vordering met die uitdunne van sy twee rugbyspanne wat die land binnekort by die aansienryke provinsiale rugbyweke in Suid-Afrika gaan verteenwoordig.

Die onder 18- en o.16-oefengroepe is bekend gemaak ná afloop van nasionale proewe wat twee naweke gelede in Windhoek afgehandel is. Beide oefengroepe versamel dié week vanaf Donderdag weer in die hoofstad vir ’n oefenkamp.

Soggens sal die groepe gimnasiumwerk by die Namibië Rugby-unie se hoëprestasiesentrum doen, voor die beplande namiddagsessies by die velde van WHS Vegkop (o.16’s) en Windhoek Affiespark (o.18’s).

Saterdag word ’n finale proefwedstryd in beide die ouderdomsgroepe beplan, by ’n venue wat nog vasgeknoop moet word. Die NSSR-toerspanne sal hierna aangekondig word met 23 spelers elk, asook nege niereisende reserwes elk.

Die onder 16 Grant Khomo-week word van 26 tot 30 Junie 2023 by Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch aangebied.

Die Namibiese o.16-span word deur Jan Dames (WHS) as hoofafrigter onder hande geneem, met Morné Rust (WBPHS, voorspelers), Devano Alcock (WHS, agterlynafrigter) en Rialdo van Wyk (spanbestuurder, M&K Gertze) as sy bystand.

Hierna volg die onder 18 Akademieweek vanaf 3 tot 8 Julie met Jeppe Boys High School in Johannesburg as die gasheerskool.

Die Namibiese o.18’s se hoofafrigter is Herman Grobler (Walvisbaai Privaat Hoërskool) met JT Basson (WAP, voorspelers), Fernold Bock (Dr. Lemmer, agterlyn) en Gert de Waal (DHPS, spanbestuurder) as sy ondersteuningspan.

ONDER 18-oefengroep vir die Akademieweek

Antua Klein (WBPS), Janry van Zyl (Whk Gim), Van der Merwe Tromp (WAP), Miquel Carballo (WBPHS), Xavier Mouton (WBPHS), Jayden Jansen (M&K), Stephan Gildenhuys (Whk Gim), Maughan Jarman (Pro-Ed), Jurgen Meyer (WHS), Sammy Sobramoney (WHS), Michael Koopman (WBPHS), Janco Bredenhann (Whk Gim), JD Rossouw (WBPHS), Alejandro Morkel (WHS), SW Kuhn (Tsumeb Gimnasium), Ben Burger (WAP), Ruan Agenbach (Whk Gim), Marcus Meyer (Elnatan), Roche Brand (Whk Gim), Henry Otto (WHS), JP Campbell (Swakopmund Christian Academy), Jiwaldo Pienaar (Pro-Ed), Walther Otto (WAP), WR Klein (Elnatan), Joshua Bester (WHS), Herman Gouws (Whk Gim), Hendre Schrader (Whk Gim), Delano van der Berg (WAP), Marnus Botma (Elnatan), Philip du Plessis (WBPHS), Daniel du Toit (Whk Gim), Gianluca Savoldelli (WAP), Damon Botha (Keetmanshoop Privaatskool), Jano Erasmus (Edugate), Waldre Kotze (Whk Gim), Zack von Wielligh (Whk Gim), Dominique Isaaks (WHS), Wesley Haukongo (M&K Gertze), Alfred Vercuil (Grootfontein SS), Kapurua Nguasananongombe (Grootfontein SS).

ONDER 16 Grant Khomo-oefengroep

Dian Botha (WHS), Keandru Bouwer (WBPS), Russel Bartlett (Tsumeb Gim), Adriaan Boonzaaier (WBPS), Eduardo Dunn (Dr. Lemmer), Alwandro Diergaardt (Pro-Ed), Dirk Farmer (Whk Gim), FJ Fourie (Tsumeb Gim), Jordan Groenewaldt (Whk Gim), Johan Gabrielson (Moria), Rudolph Harmse (Whk Gim), Lihan Horn (Whk Gim), JD Jankowitz (Whk Gim), Fillipe Kuizinho (Grootfontein SS), Handre Cocklin (Whk Gim), Jayvin du Plessis (Whk Gim), George Kisting (WHS), Stefan Lotriet (WBPS), Gerson Mungungu (Dr. Lemmer), Christopher Coetzee (WBPS), William Beukes (WHS), JD Meintjies (Whk Gim), Dave Niambe (De Duine), Jaythen Orange (WHS), Buhlem Oelofsen (Berg-Op), Vincent Scholtz (Whk Gim), Pieter-Jan Strydom (WHS), Hanlo Schoeman (WBPS), Gideon van Rensburg (Whk Gim), Tiaan van der Westhuizen (WBPS), Johan van Wyk (WBPS), Oliver van Wyk (Pro-Ed), Tjeripo Karuhumba (WHS), Jurick van den Berg (Tsumeb Gim), Sagaria Kondjilla (Edugate), Dirkie Lochner (Keetmanshoop Privaatskool), Thersuan Haack (Mariental Hoërskool).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!