Die doelwagter Petro Stoffberg is een van die ervare Namibiese vrouespanlede. Foto Facebook
Die doelwagter Petro Stoffberg is een van die ervare Namibiese vrouespanlede. Foto Facebook

Min dae voor groot uitdaging

Hokkie
Tielman Van Lill
Namibië se senior vroueveldhokkiespan gaan van 29 Oktober tot 5 November in Pretoria aan ’n kwalifiserende toernooi vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk deelneem.

Die veldhokkie by die 2024 Olimpiese Spele in Parys is geskeduleer om van 27 Julie tot 9 Augustus by die Estadio Olimpico Yves-du-Manoir plaas te vind.

Net twaalf lande elk sal in die mans- en vrouetoernooie meeding.

Vir die ganse Afrika is net een plek by die Spele beskikbaar waarvoor sewe lande sake moet uitspook.

Namibië word tans deur die Internasionale Hokkiefederasie as die 50ste beste vrouespan ter wêreld aangedui – die laagste van die Afrika-mededingers met die uitsondering van Zambië.

Namibië, Ghana (32ste), Kenia (37ste) en Zambië (74ste) sal in groep B meeding, met Suid-Afrika (21ste), Nigerië (38ste) en Zimbabwe (39ste) in groep A.

Melissa Gillies, pas aangestelde hoofafrigter van Namibië se vroueveldhokkie, en haar span se eerste wedstryd is Sondagoggend 29 Oktober agtuur teen Ghana. Zambië volg die volgende dag, met Zambië wat op Woensdag 1 November aan die beurt kom.

Namibië se voorlopige oefengroep van 40 is Anri Els (Coastal Raiders); Sunelle Ludwig, Caitlin Gillies, Jaime Gillies, Tisha Semedo, Anthea Coetzee, Petro Stoffberg, Kaela Schimming, Xena Martins, Celé Wessels, Anine le Roux, Kerrin Gillies en Mia Karstens (almal DTS); Jerrica Cormack, Amber Derckson, Gillian Hermanus, Danja Meyer, Azaylee Philander, Carien van Rooyen, Joané van Rooyen, Jamie Henckert, Erin Moffet, Zoe Nott, Sascha Brinkmann en Tara Myburgh (almal Saints); Nangula Iyemba (SoEHC); Natalie Suardi en Jarien Hartzenberg (beide Sparta); Kazembire Tjipura, Charlize Rix, Adoré Meyer, Britta Haensel en Emilia Kashopola (almal Wanderers); Vanessa Schoeman, Jahntwa Kruger, Marcia Venter, Jivanka Kruger, Armin van Staden, Berencia Diamond en Kyla Gille (almal WOBSC).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!