• Tuisblad
  • Sport
  • Min dae voor Junior Eagles se grootste uitdaging
Die Walvis Bay Salt Eagles pronk trots met hul nasionale kleure. Foto Krieket Namibië
Die Walvis Bay Salt Eagles pronk trots met hul nasionale kleure. Foto Krieket Namibië

Min dae voor Junior Eagles se grootste uitdaging

Krieket
Namibië streef om sy afwesigheid by die wêreldtoernooi sedert 2018 te beëindig.
Tielman Van Lill
Die Walvis Bay Salt junior Eagles, Namibië se nasionale o.19-krieketspan, sal van 23 tot 31 Julie in Tanzanië teen die gasheerland, Kenia, Nigerië, Sierra Leone en Uganda vir ’n enkele plek by die 2024 o.19-Wêreldbeker in Sri Lanka meeding.

Die span onder kapteinskap van Alexander Volschenk sal binnekort na Suid-Afrika vir opwarmingswedstryde vertrek alvorens hulle na Tanzanië reis.

Die junior Eagles het vandeesweek hul nasionale kleure in die hoofstad ontvang, vir die missie om die land se Wêreldbeker-posisie vir die eerste keer sedert 2018 terug te wen.

Walvis Bay Salt Refiners is die afgelope tien jaar ’n getroue vennoot van Krieket Namibië en ’n steunpilaar met die ontwikkeling van junior krieket in Namibië.

André Snyman, besturende direkteur van WBS, het gesê: “Ons is geëerd om betrokke te wees by die ontwikkeling van jong plaaslike talent. Walvis Bay Salt se verbintenis as hoofborg van die Namibiese o.19-span oor die volgende twee jaar, is ten volle in lyn met ons sakestrategie om ’n volledig geïntegreerde internasionale soutuitvoermaatskappy te word.”

Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het gesê: “Die meeste van ons huidige o.19-spelers het hul speelloopbane begin en hul krieketvaardighede tydens die jaarlikse toernooi op Walvisbaai-wat reeds as Salt Week bekend geword het. Ons waardeer die steun van Walvis Bay Salt aangesien julle ons land se verteenwoordigers op die wêreldtoneel word.

“Ek glo julle kan vir die Wêreldbeker kwalifiseer. Sterkte en voorspoed!”

Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, het aan die spelers gesê: “Die energie en die toewyding wat by julle te bespeur is, is iets skaars. Dit gee ’n span daardie X-faktor wat ’n mens by julle kan sien. Daar is ongelooflike talent en leierskap onder julle.”

Oscar Nauhaus is vroeg vanjaar as Krieket Namibië se voltydse hoëprestasiebestuurder en as nasionale o.19-afrigter aangestel, wat die span na Suid-Afrika en Tanzanië sal lei.

Die spelersgroep is Alexander Volschenk (kaptein), Gerhard Janse van Rensburg (onderkaptein), Adriaan Louw, Faf du Plessis, Franko Bergh, Hanro Badenhorst, Hansie de Villiers, Jack Brassell, Junior Kariata, JW Visagie, PD Blignaut, Ryan Moffet, Woutie Niehaus en Zacheo van Vuuren.

Volschenk, Van Rensburg, Visagie en Moffett is die viertal wat twee jaar gelede ook in die nasionale o.19-span was wat na Tanzanië getoer en tweede geëindig het, in ’n toernooi wat Uganda gewen het om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer.

Namibië se wedstrydprogram in Tanzanië: 23 Julie teen Uganda; 24 Julie teen Tanzanië; 26 Julie teen Kenia; 27 Julie teen Sierra Leone; 30 Julie teen Nigerië.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!