Minder gegoede skole kort groter steun

Laerskolerugby
Die semifinale van Namibiese laerskolerugby word komende naweek beslis.
Andrew Poolman
Suiderhof Primêre Skool is een van die Windhoekse staatskole wat by die semifinale van die Namibiese laerskolerugby komende naweek betrokke sal wees.

Suiderhof se o.13-span het vanjaar derde in die Khomasliga geëindig en sal in die o.13 reserweliga se halfeindstryd teen Primêre Skool Walvisbaai uitdraf.

Die skool het in laas naweek se kwarteindstryd vir die eerste keer in sy nuwe truie gespeel wat deur DHL Namibia geborg is.

Wessel Witbooi, hoofafrigter van Suiderhof se o.13’s, sê die ondersteuning van die skool, skoolbestuur, ouers, toegewyde vrywilligers as afrigters was noodsaaklik om enigsins te kan meeding.

“As ’n sportkode word rugby deesdae byna net lewensvatbaar vir skole wat oor genoegsame hulpbronne beskik. Ons skool se spanne word deur vrywilligers afgerig.

“Ons hardwerkende spelers het ook hul kant gebring, maar om hul rugbydrome te verwesenlik, sou ook nie kon gebeur sonder korporatiewe borge nie, soos Standard Bank Namibia, DHL Namibia en die hoofborg van Suiderhof Primêre Skool se rugby, die Windhoek Buitekluboord en Legacy Hotels.”

UITSLAE van die kwarteindstryde in die Suide-groep, gespeel by St. Joseph’s se veld op Rehoboth:

Onder 11

Pro-Ed Akademie klop St. Joseph’s 17-0. Elnatan klop Wilhelm Nortier Primêr (Grootfontein) 52-0.

Onder 12

St. Joseph’s klop Orban 22-12. JTL Beukes klop Windhoek Affies 10-5.

Onder 13 Reserweliga

Ruimte Primêre Skool klop Okahandja 19-7. Suiderhof klop Namib Primêre Skool 36-7.

Onder 13 Superliga

Windhoek Gimnasium klop Walvisbaai Privaatskool 21-8. St. Joseph’s klop Edugate 33-19.

UITSLAE van die kwarteindstryde in die Noorde-groep, gespeel by Paresispark op Otjiwarongo:

Onder 11

Windhoek Affies klop Walvisbaai Privaatskool 69-0. Pionierspark klop Edugate 24-0.

Onder 13 Reserweliga

Moria klop JTL Beukes 26-5. Walvisbaai Laerskool klop Orban 57-0.

Onder 13 Superliga

Ruimte 17- 57 Pro-Ed klop Ruimte 57-17. Pionierspark klop Wilhelm Nortier (Grootfontein) 62-0.

BEPALINGS vir komende Saterdag se halfeindstryde, by die veld van Pionierspark Laerskool:

Onder 11

Pro-Ed Akademie tn Pionierspark, 08:00–08:45; Elnatan tn Windhoek Affies, 08:50–09:35

Onder 12

JTL Beukes tn Wiindhoek Gimnasium, 09:40–10:15; St. Joseph’s Primêr tn Pionierspark, 10:20–11:05

Onder 13 Reserweliga

Suiderhof tn Primêre Skool Walvisbaai, 11:10–12:05; Rehoboth Primêr tn Moria, 12:10–13:05.

Onder 13 Superliga

Windhoek Gimnasium tn Pro-Ed Academy, 13:10–14:05; St. Joseph’s Primêr tn Pionierspark, 14:10–15:05.

Kommentaar

Republikein 2025-04-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer