MMA op nuwe pad geplaas
Gevegsport
Blink geleenthede word voortdurend vir voornemende vegters geskep.
Verwikkelinge die afgelope maande in Namibië in gemengde gevegsport (MMA) kan die toneel drasties vir die gewilde sportkode in die toekoms kan verander.
Carlos de Sousa, hoofafrigter van Sousa MMA Studio en die nasionale MMA-span in Windhoek, sê: “Ons het daarin geslaag om bande met die Namibiese Skopboksfederasie (NKF) te verbreek en ons eie nasionale bestuursliggaam te stig wat by die International Mixed Martial Arts Federation (IMMAF) geregistreer is.
“Mixed Martial Arts Namibia (MMAN) is nou ’n onafhanklike liggaam wat deur die IMMAF erken en hartlik in hul midde verwelkon word.
“Ons het reeds ’n nuwe klub (Sousa MMA Studio) in Meersig, Walvisbaai, geopen en die afgelope Saterdag en Sondag ’n suksesvolle seminaar daar aangebied. Ek wil seker maak dié sport bereik uiteindelik elke uithoek van Namibië.
“Ons waardeer die belangstelling in Walvisbaai en ons kan nie wag om die talent verder te ontwikkel nie. Dis ’n gerusstellende teken vir die toekoms om soveel talent en gretige gesigte te kon ervaar.”
MMAN se uitvoerende bestuur is Natasha Wentscher (president), Uno Hinda (visepresident), Carlos de Sousa (hoofbeampte), Felix Lühe (tesourier), Nico Kotze (direkteur van skeidsregters en beoordeling), Percy Openshaw (direkteur van sport en medies) en Lesley !Hoaeb (direkteur van ontwikkeling in Erongo).
DINAMIESE VISIE
De Sousa sê: “MMAN het by die IMMAF ’n aansoek ingedien om die 2024 Afrika-kampioenskap in Namibië aan te bied. Dit lyk of ons onder die topdrie kandidate is van 19 lande wat aansoek gedoen het.
“Indien al die planne vir die Afrika-kampioenskap mooi uitwerk, sal ons ook vra om die wêreldkampioenskap hier te huisves.
“So daar is groot planne vir die toekoms.”
ANGOLA-UITNODIGING
“Namibië is deur die Federação Angolana de MMA (FAMMA) genooi om van 14 tot 17 September in Luanda aan die 2023 Afrika-kampioenskap deel te neem.
“Veja Hinda sal sy Afrika-veergewigtitel daar gaan verdedig. Daar is ook van ons nuwe Namibiese vegters wat by die IMMAF se Afrika-kampioenskap in aksie sal wees,” het die gewese wêreldkampioen verduidelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie