Agter van links is Ronaldo Feris, Veja Hinda, Arno Jacobs, Stefan Gilge en Geraldo Bock. Voor is Levert Feris (Tom van Wyk Quantity Surveyors), Freddy Mwiya (hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie), Carlos de Sousa (afrigter) asook Ian en Danica Smith (Smith Distributors). Foto Tielman van Lill
Agter van links is Ronaldo Feris, Veja Hinda, Arno Jacobs, Stefan Gilge en Geraldo Bock. Voor is Levert Feris (Tom van Wyk Quantity Surveyors), Freddy Mwiya (hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie), Carlos de Sousa (afrigter) asook Ian en Danica Smith (Smith Distributors). Foto Tielman van Lill

MMA-span vertrek sonder Damian

Gevegsport
Die nasionale span in gemengde gevegsport (MMA) sal vanmiddag vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek.
Tielman Van Lill
Vyf Namibiese vegters vertrek vandag vol moed om vanaf 12 Februarie by die Stark-arena in Serwië se hoofstad Belgrado aan die Internasionale Gemengde Gevegsportfederasie (IMMAF) se amateurwêreldkampioenskap deel te neem.

Geraldo Bock is die spankaptein en sal saam met hul afrigter, Carlos de Sousa van Sousa MMA Studio, en medevegters Veja Hinda (Afrika-kampioen), Arno Jacobs, Stefan Gilge en Ronaldo Feris die toer aanpak.

Damian Muller was aanvanklik deel van die span, maar het twee weke gelede griep gekry en sal moet tuisbly.

De Sousa het aan Republikein gesê: “Damian kan ongelukkig nie saamgaan Europa toe nie. Met die griep wat hy gehad het, is die risiko vir hom net te groot. Al die spiere in die liggaam en veral die hart word aangetas. Al is hy steeds topfiks, kan hy nie die gevaar loop om aan strawwe oefening of kompetisie deel te neem nie.”

Tot onlangs nog was die toerlede bekommerd of die hoë toerkoste gedek sal kan word, maar goedgunstige borge het tydig na vore getree.

“Ons opregte dank aan me. Maureen Hinda-Mbuende, adjunkminister van finansies en openbare ondernemings. Sy het twee van die borgskappe bekom en sal ons in die toekoms bystaan om die regte strukture in plek te plaas om finansieel gereed vir sulke kompetisies te wees,” het De Sousa gesê.

Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie, het die vegters toegespreek en hul nasionale kleure oorhandig.

Mwiya het aan De Sousa gesê: “Ek wens jou en die span alles van die beste toe. Julle is Namibiërs; gaan maak ons trots. Ek weet dis ’n wêreldkampioenskap, maar julle was al by die Afrika-kampioenskap, wat baie sal help.”

Bock het al die borge bedank: “Baie dankie aan al die borge wat dit vir ons moontlik maak. Dis ’n massiewe uitdaging vir ons, maar ná al die harde werk en sweet is ons reg vir die wêreldkampioenskap waar verdedigende kampioene en die wêreld se room in aksie gaan wees.

“Ons het van die Afrika-kampioenskap met drie medaljes teruggekeer, dié keer moet dit vyf wees. Van myself en die res van die span sê ons baie dankie.”

Die span word deur Gocheganas, NamibRe, die Sisa Namandje-stigting, Smith Distributors, Tiaan van Wyk, Tom van Wyk Quantity Surveyors en Tony Viljoen ondersteun.

Die Namibiërs se gewigsklasse: Hinda (veergewig), Bock (kapokgewig), Jacobs (strooigewig), Feris (weltergewig) en Gilge (junior liggewig).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!