Moedige Cranes uitoorlê
Krieket
Die Richelieu Eagles het gister hul eerste T20-ontmoeting van die Castle Lite-reeks by Unitedveld in Olympia met 26 lopies teen Uganda gewen.
Die Eagles het 191/6 in hul 20 boulbeurte opgestel, waarop Uganda met 165/4 geantwoord het.
Namibië het goed teen 9.16 per boulbeurt gekolf en was ná twaalf boulbeurte gemaklik op 110 vir die verlies van een paaltjie.
Selfs die verlies binne vier aflewerings in die 13de van Gerhard Erasmus (29) en JJ Smit (1) se paaltjies kon nie die momentum heeltemal stuit nie en Namibië sluit hul kolfbeurt op 9.55 per beurt af.
Uganda (92/2 ná 12) het hard probeer, maar was in daardie stadium met 7.66 per boulbeurt reeds 18 lopies agter die vereiste tempo.
Die 20-jarige Ronald Lutaaya en nommer vier Alpesh Ramjani het uitstekend gekolf in ’n 75-vennootskap, maar dit was nie genoeg om die Cranes te red nie. Uganda moes van die laaste 18 balle nog 49 lopies teen bykans 17 per beurt aanteken.
Vir Namibië het Michael van Lingen van net 30 balle sy tweede vyftigtal in ’n internasionale T20-wedstryd aangeteken. Hy is as speler van die wedstryd aangewys vir sy 68 van 40 balle (8x4, 3x6). Ná hom het Zane Green (32*, 17 b, 3x4, 2x6) die beste gevaar.
Uganda se hoogtepunte was Ronald Lutaaya (54 nie uit nie van 46 b, 3x4, 1x6) en Alpesh Ramjani (55 van 34 b, 6x4, 3x6). Ramjani het ook met 3/32 in 4 boulbeurte uitgeblink.
Die 18-jarige Jack Brassell het in sy eerste T20-wedstryd vir die Eagles gespeel. Ben Shikongo (1/28 in 4) het die mees ekonomiese boulsyfers vir Namibië behaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie