Monique en Marc blink in 947 Ride Johburg

Padfietsry
Andrew Poolman
Die belowende Monique du Plessis se tweede posisie van die o.23-vroue was ’n Namibiese hoogtepunt in die gesogte 947 Ride Johburg padfietsresies gisteroggend.

Marc Pritzen en Carla Oberholzer het elk R200 000 in die sak gesteek as onderskeidelik die elite mans- en vrouewenners.

Pritzen, ’n boorling van Windhoek, het die wedren oor 97 km wat by die FNB-stadion in Johannesburg begin en geëindig het, in 2 uur en 9 minute afgelê. Luke Moir, meer bekend as ’n bergfietsryer, was tweede (+1 sek), met verlede jaar se wenner, Reinardt Janse van Rensburg, in die derde plek (+21 sek.).

Pritzen (24), wat in 2021 en 2022 tweede was, het die wedren ook in 2019 gewen.

Hans du Toit, Namibië se fietsry-afrigter, sê Du Plessis se vertoning was verblydend. “Sy was die afgelope tyd in die Afrika-ontwikkelingspan en vind stadig maar seker haar voete in haar eerste jaar in die elite-kategorie.

“Anri Krugel het ook goeie rekenskap van haarself gegee.”

Vera Looser (vrouekampioen in 2022) kon vanweë ’n handbesering in die Wines2Whales nie meeding nie, terwyl Melissa Hinz ietwat van ’n afdag beleef het.

Hinz sê: “Ek het vanjaar soveel verbetering beleef en tog was vandag my swaarste dag. Ek is in die beste vorm wat ek kan wees en in my derde Ride Johburg het ek so ’n slegte dag. Ek kan seker nie altyd ’n goeie dag op die fiets hê nie.

“Dis altyd vir my belangrik om terug te kyk na waar ek was en waar ek nou is. Al is ek teleurgesteld dat so ’n belangrike resies nie vandag vir my uitgewerk het nie, herinner ek myself altyd dat ’n sportvertoning, goed of sleg, nie moet definieer wie en wat ek is nie. Namibië se vroueryers is goed op dreef!”

MANS

1 Marc Pritzen (RSA, elite), 2:09:00

2 Luke Moir (RSA, o.23), 2:09:01

3 Reinardt van Rensburg (RSA, elite, M30-34), 2:09:21

4 Gustav Basson (RSA, elite M23-29), 2:09:21

5 Gert Heyns (RSA, elite M30-34), 2:09:21

44 Alwyn Steenkamp (Namibië, elite), 2:14.31

78 Brandon Plaatjes (Namibië, elite) 2:26.46

• Nick du Plessis (2 ure 35 minute) was 15de van die meestersmans (50 tot 54 jaar).

VROUE

1 Carla Oberholzer (RSA, elite), 2:41:43

2 Maude le Roux (RSA, elite), 2:42:25

3 Joanna Van De Winkel (RSA, elite), 2:42:25

4 Tiffany Keep (RSA, elite), 2:42:47

5 Cherise Willeit (RSA, elite), 2:42:47

14 Anri Krugel (Namibië), 2:44.38

15 Monique du Plessis (Namibië, o.23), 2:44.38

26 Melissa Hinz (Namibië), 2:55.30

34 Olivia Shililifa (Namibië, o.23), 3:01.32

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!