Fillemon Mweya van Namibië saam met Mauricio Sulaiman, president van die WBC. Foto verskaf
Fillemon Mweya van Namibië saam met Mauricio Sulaiman, president van die WBC. Foto verskaf

Mweya tree in Dubai op

Boks
Andrew Poolman
Namibië se Fillemon Mweya sal môreaand, asook Sondag as beampte optree in twee beroepsboksgeleenthede onder die vaandel van die Wêreldboksraad (WBC) in Dubai.

Mweya is genooi om as beide ’n skeidsregter en beoordelaar op te tree in twee geleenthede waar WBC-titelgevegte betrokke is. Môreaand s’n word deur die Britse promotor Frank Warren aangebied, voor Floyd Mayweather Junior se toernooi die volgende aand waarin hyself in ’n vertoongeveg teen die YouTuber van Nigerië, Deji Olatunji, deur die toue sal klim.

Die Namibiese skeidsregter sê hy is opnuut in sy skik met hierdie uitnodiging. Hy sê hy is sedert 2017 opgang in die WBC gemaak te danke aan sy bywoning van vele bokskonvensies en seminare vir skeidsregters en beoordelaars in onder meer Oekraïne, Mexiko en Zimbabwe.

Hy het reeds in 2019 in Cancun, Mexiko, ’n WBO wêreldtitelgeveg as skeidsregter hanteer, wat deur Oscar de la Hoya as promotor aangebied was.

“Ek is gewoond aan groot geleenthede en sal doen wat ek die beste doen,” sê Mweya, wat byvoeg hy word deur die beste skeidsregters en tellinghouers ter wêreld soos Kenny Bayless, Daniel van de Wiel, Steve Smoger en Hector Afu geïnspireer.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!