Mwiya en minister terug in hof

Tielman van Lill
Die dringende aansoek van mnr. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommisie (NSC), teen die minister van sport, jeug en nasionale diens, het Vrydagoggend toe nie die binnekant van die hoërhof in Windhoek gehaal nie.

Mnr. Ndeli Ndaitwah, wat Mwiya verteenwoordig, asook die prokureurs van die Prokureur-generaal wat me. Agnes Tjongarero as die minister van sport, jeug en nasionale diens verteenwoordig, het Vrydag ’n tydelike skikking buite die hof oor Mwiya se onmiddellike toekoms aangegaan.

Mwiya sal vir nou in sy amp aanbly en sy pos sal nie geadverteer word voordat die saak nie in die hof afgehandel is nie. ’n Langtermynoplossings word egter steeds in die hof gesoek. Die saak sal vandag voorkom.

NSC-RAAD TEEN TJONGARERO

Intussen het dit aan die lig gekom die gewese raad onder voorsitterskap van mnr. Joel Matheus het saam met die ander ontslaande lede Erica Beukes, Alna Similo, Karen Mubonenwa, Thomas Mbeeli, dr. Marius Johannes, Nicklaus Ngumono en Linda Chicalu ook die minister in hul visier.

Blykbaar wil hulle hê Tjongarero moet die raad verskoning vra vir skade wat aan hul aansien berokken is toe hulle verlede Dinsdag summier deur die minister uit hul poste onthef is.

Die NSC-raad het Mwiya sonder die minister se goedkeuring vir ’n derde termyn van vyf jaar aangestel. Sy wou eerder hê die pos vir die NSC-hoofadministrateur moet geadverteer word sodat belangstellendes daarvoor kan aansoek doen.

Matheus het gister aan Republikein gesê die agttal kommissarisse sal vandag op hul volgende stap besluit.

Kommentaar

Republikein 2025-01-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!